HABAKUK 1:1-3

HABAKUK 1:1-3 AFR83

'n Uitspraak van die Here wat Hy aan die profeet Habakuk geopenbaar het. Hoe lank moet ek om hulp roep voordat U hoor, Here, moet ek by U bly kla oor geweld voordat U red? Waarom laat U my die onreg sien wat gedoen word, waarom kyk U toe as daar soveel ellende is? Oral rondom my is daar onderdrukking en geweld, en word daar getwis en gebaklei.