HABAKUK 1:1-3

HABAKUK 1:1-3 NLV

Die boodskap wat die profeet Habakuk in ’n visioen ontvang het. HERE, hoe lank moet ek nog roep om hulp? U luister nie na my nie. “Geweld!” roep ek baie hard, maar U red my nie. Waarom laat U my die onreg en die ellende om my sien? Waar ek ook al kyk, sien ek vernietiging en geweld. Ek is omring deur mense wat daarvan hou om te stry en te baklei.