Habakuk 1:1-3

Habakuk 1:1-3 ABA

Die Here het gepraat. Die Here het vir die profeet Habakuk gewys wat sal gebeur. Habakuk het gesê: “Here, hoe lank moet ek nog bid? Hoe lank moet ek nog soebat dat U ons moet help? U luister nie na ons nie, U help ons nie teen die mense wat ons laat swaarkry nie. Hoekom wys U vir my dat mense verkeerd doen aan ander mense? U sien hulle kry swaar maar U doen niks. Ek sien hoe mense slegte dinge doen aan ander mense en nie reg doen aan hulle nie.