GENESIS 41:12
GENESIS 41:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En daar was by ons 'n Hebreeuse jongman, 'n kneg van die owerste van die lyfwag — aan hom het ons dit vertel, en hy het ons drome vir ons uitgelê; aan elkeen het hy die uitlegging volgens sy droom gegee.
GENESIS 41:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Saam met ons was 'n Hebreeuse jongman, 'n slaaf van die hoof van die lyfwag. Ons het toe ons drome vir hom vertel, en hy het dit vir ons uitgelê. Hy het dit uitgelê volgens elkeen se droom.
GENESIS 41:12 Bybel vir almal (ABA)
Saam met ons was daar 'n jong Hebreër. Hy was die slaaf van die hoof van jou wagte. Ons het vir hom vertel wat ons gedroom het, en hy het vir ons gesê wat ons drome beteken.
GENESIS 41:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
By ons was daar 'n Hebreeuse jong man, 'n slaaf van die hoof van die lyfwag. Ons het dit vir hom vertel, en hy het ons drome vir ons verklaar. Vir elkeen het hy dit volgens sy droom verklaar.
GENESIS 41:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En daar was by ons 'n jongman, 'n Hebreër, dienaar van die owerste van die lyfwag; en ons het hom dit vertel, en hy het ons drome vir ons uitgelê; vir elkeen volgens sy droom het hy uitgelê.