ESEGIËL 23:49
ESEGIËL 23:49 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Julle sal gestraf word vir julle afskuwelike optrede, toe julle afgode aanbid het. Julle sal die straf moet dra! Dan sal julle agterkom dat Ek die oppermagtige HERE is.”
ESEGIËL 23:49 Bybel vir almal (ABA)
So sal julle die straf kry vir die slegte dinge wat julle gedoen het toe julle die afgode gedien het. Julle sal weet dat Ek die Here is, Hy wat Here is.”
ESEGIËL 23:49 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hulle sal julle skandelike dade op julle laat neerkom, en julle sal die sondes van julle drekgode dra; en julle sal weet dat Ek die Here HERE is.
ESEGIËL 23:49 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Julle afstootlike gedrag sal op julle eie kop afkom, julle sal die straf dra vir julle sonde met julle afgode. Dan sal julle besef dat Ek die Here God is.”
ESEGIËL 23:49 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle sal julle skandelike dade op julle koppe laat neerkom; julle sonde met julle afgodsbeelde sal julle moet dra. Dan sal julle besef dat Ek my Heer, die HERE, is.”