PREDIKER 3:4,11
PREDIKER 3:4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
’n Tyd om te huil en ’n tyd om te lag. ’n Tyd om te treur en ’n tyd om van vreugde te dans.
PREDIKER 3:11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy het alles mooi gemaak, Hy het aan die mens ’n visie gegee van die ewigheid. Tog kan mense nie die volle omvang van God se werk, van begin tot end, verstaan nie.
PREDIKER 3:4 Bybel vir almal (ABA)
Daar is 'n tyd om te huil en 'n tyd om te lag, 'n tyd om te rou en 'n tyd om te dans.
Prediker 3:11 Bybel vir almal (ABA)
God het alles mooi gemaak toe Hy dit gemaak het. Hy het vir die mense geleer dat daar altyd tyd sal wees, maar die mense kan nie verstaan wat God alles gedoen het nie, van die begin tot die einde.
PREDIKER 3:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'n tyd om te ween en 'n tyd om te lag, 'n tyd om te weeklaag en 'n tyd om van vreugde rond te spring
PREDIKER 3:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Alles het Hy mooi gemaak op sy tyd; ook het Hy die eeu in hulle hart gelê sonder dat die mens die werk wat God doen, van begin tot end, kan uitvind.
PREDIKER 3:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n tyd om te huil, 'n tyd om te lag, 'n tyd om te treur, 'n tyd om van blydskap te dans
PREDIKER 3:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
God het elke ding gemaak dat dit pas in 'n bepaalde tyd, maar Hy het ook aan die mens 'n besef gegee van die onbepaalde tyd. Tog kan die mens die werk van God van begin tot einde nie begryp nie.
PREDIKER 3:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n tyd om te huil en 'n tyd om te lag; 'n tyd om te rou en 'n tyd om te dans
Prediker 3:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Alles het Hy mooi gemaak op sy tyd. Hy het ook die besef van tydsduur in hulle harte gegee, sonder dat die mens enigsins die werk wat God van begin tot einde doen, kan peil.
PREDIKER 3:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
'n Tyd om te ween en 'n tyd om te lag; 'n tyd om te treur en 'n tyd om te dans
Prediker Prediker 3:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy het alles mooi gemaak op sy tyd; ook het Hy die wêreld in hulle hart geplaas, sodat niemand die werk wat God maak, van die begin tot die einde kan uitvind nie.
PREDIKER 3:4 Die Boodskap (DB)
daar is ’n tyd wanneer ’n mens hartseer is en dan is daar ook weer ’n tyd vir vreugde; daar is ’n tyd om te huil en ’n tyd om weer gelukkig te wees; •