PREDIKER 10:1-11
PREDIKER 10:1-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dooie vlieë laat selfs parfuum sleg ruik. So weeg ’n bietjie dwaasheid baie meer as wysheid en eer. Die harte van wyse mense laat hulle doen wat reg is. Maar dwase mense se harte laat hulle verkeerd doen. Jy kan dwase mense uitken net aan die manier waarop hulle in die straat stap. As die koning vir jou kwaad is, moenie jou pos verlaat nie. Rustigheid voorkom groter foute. Ek het iets slegs op aarde gesien: Regeerders begaan ’n groot fout as hulle groot gesag aan dwase mense toevertrou terwyl rykes nie geëer word nie. Ek het slawe sien perd ry terwyl prinse soos slawe moes loop. As jy ’n gat grawe, val jy dalk self daarin. En as jy ’n muur afbreek, pik ’n slang jou dalk. As jy klippe kap, kan jy beseer word. En as jy hout kap, kan dit gevaarlik wees. As die byl stomp is en jy dit nie slyp nie, moet jy meer krag gebruik. Vaardigheid help jou om sukses te behaal. Dit help niks as die slang pik vóór jy hom besweer het nie, en dan help die besweerder ook nie.
PREDIKER 10:1-11 Die Boodskap (DB)
Dooie vlieë wat in ’n apteker se medisyne beland, kan dit alles laat sleg word sodat dit begin stink. So maak ’n dwase mens ook. Met net ’n bietjie dwaasheid kan hy ’n goeie naam deur die modder sleep. Die wyse se pad loop op die roete van vreugde en geluk. Die dwaas se pad loop op die roete van ellende en ongeluk. ’n Dwaas leef op so ’n manier dat almal sy dwaasheid agterkom. As die regeerder hom vir jou vererg, moet jy nie jou goed vat en loop nie. Bly eerder kalm sodat die situasie nie vererger nie. Daar is een slegte ding wat ek in die lewe gesien het en wat my bly hinder. En dit is iets wat magsfigure doen. Hulle stel dwase mense in hoë posisies aan terwyl die ware kundiges vernederende werkies moet verrig. Ek het slawe op perde gesien, terwyl vername mense soos ’n slaaf met hulle voete moes loop. Wie ’n gat vir iemand anders grawe, kan self daarin val. Wie ’n muur afbreek, kan deur ’n slang gepik word. Wie stene losbreek, kan beseer word. Wie hout kap, kan seerkry. As die byl stomp is omdat niemand dit geslyp het nie, moet ’n mens dubbel so hard werk. Wat help wysheid en kundigheid ’n mens nou in sulke gevalle? As die slang eerste byt, is die slangvanger se werk nutteloos. Ook hier help vaardigheid niks.
PREDIKER 10:1-11 Bybel vir almal (ABA)
Dooie vlieë laat lekkerruik-olie stink en sleg word. Wanneer iemand 'n bietjie dom is, dan beteken sy wysheid min, en mense sal hom minder respekteer. Die verstand van 'n wyse mens laat dit goed gaan met hom, die verstand van 'n dwaas laat dit sleg gaan met hom. Ook wanneer die dwaas op 'n pad loop, dan kan mense sien dat hy nie verstand het nie, hy wys vir almal dat hy 'n dwaas is. Wanneer 'n persoon wat regeer, kwaad word vir jou, dan moet jy op jou plek bly en jou werk doen, want as jy kalm bly, dan sal jy nie dinge doen wat baie verkeerd is nie. Ek het 'n verkeerde ding in hierdie wêreld gesien, dit is 'n fout wat 'n belangrike persoon maak: Hy laat die dwase op baie belangrike plekke sit, maar ryk mense moet op die minder belangrike plekke sit. Ek het gesien dwase ry op perde, en leiers moet soos slawe loop. Wanneer iemand 'n gat grawe, dan sal hy miskien self daarin val, wanneer iemand 'n muur begin afbreek, dan sal 'n slang hom miskien pik. Wanneer iemand klippe breek, dan sal die klippe hom miskien seermaak, wanneer iemand bome afkap, dan moet hy versigtig wees. Wanneer 'n byl stomp is en jy maak dit nie skerp nie, dan moet jy harder kap, maar as jy wysheid het, dan kan jy slaag. Wanneer 'n slang pik voordat iemand hom getoor het, dan help dit nie dat iemand die slang later toor nie.
PREDIKER 10:1-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DOOIE vlieë laat die salf van die apteker stink en bederwe; 'n bietjie dwaasheid weeg swaarder as wysheid, as eer. Die hart van die wyse is na regs, maar die hart van 'n dwaas is na links. Ja, ook as die dwaas op die weg wandel, ontbreek sy verstand; en hy sê aan elkeen dat hy 'n dwaas is. As die toorn van die heerser teen jou opkom, verlaat nie jou pos nie, want bedaardheid voorkom groot foute. Daar is 'n verkeerdheid wat ek onder die son gesien het, 'n dwaling wat van die maghebber uitgaan: die dwaasheid word op groot hoogtes gestel, en die rykes moet in die vernedering sit. Ek het slawe te perd gesien en vorste wat soos slawe op die grond loop. Wie 'n kuil grawe, kan daarin val; en een wat 'n muur afbreek, 'n slang kan hom byt. Wie klippe uitbreek, kan hom daarmee seermaak; wie hout klowe, kan daardeur in gevaar kom. As die yster stomp geword het, en 'n mens die snykant nie geslyp het nie, moet hy die kragte meer inspan; maar wysheid is voordelig om iets te laat beantwoord. As die slang byt voor die beswering, baat die besweerder nie.
PREDIKER 10:1-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dooie vlieë laat salf stink en gis, 'n bietjie dwaasheid doen meer kwaad as wat wysheid en eer goed doen. Die verstand van een wat wysheid het, gee hom krag, maar dié van 'n dwaas maak hom swak. Selfs waar die dwaas met die pad langs loop, ontbreek sy verstand; hy wys vir almal dat hy 'n dwaas is. As die heerser vir jou kwaad word, moenie jou pos verlaat nie; kalmte voorkom groot foute. Daar is 'n verkeerde ding wat ek in hierdie wêreld gesien het, 'n fout wat begaan word deur een wat gesag het: die dwaas kry hoë aansien en die rykes ontvang geen eer nie. Ek het slawe te perd gesien en vorste te voet op die grond soos slawe. Wie 'n sloot grawe, val self daarin, wie 'n muur afbreek, word deur 'n slang gepik. Wie klippe afbreek, word daardeur beseer, wie hout kap, moet versigtig wees. As die byl stomp word en nie geslyp word nie, moet jy meer krag gebruik. Dit betaal om jou verstand te gebruik. As die slang pik voor hy besweer is, bereik die besweerder niks nie.
PREDIKER 10:1-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Dooie vlieg laat die olie van 'n salfmenger stink en gis; 'n bietjie dwaasheid het groter gevolge as wysheid, as eer. Die hart van 'n wyse is na regs, maar die hart van 'n dwaas na links. Selfs op pad, soos 'n dwaas vorder, toon hy 'n gebrek aan insig; hy gee aan elkeen te kenne dat hy dwaas is. As die heerser sy humeur teenoor jou verloor, moenie jou pos verlaat nie, want kalmte maak ernstige oortredings onskadelik. Daar is 'n euwel wat ek gesien het onder die son, 'n mistasting wat by die heerser ontstaan: Die dwaas word in vele hoë posisies geplaas, terwyl rykes in lae posisies sit. Ek het slawe op perde gesien, en •hoë amptenare wat op die grond loop soos slawe. Wie 'n put grawe, kan self daarin val; en wie 'n muur afbreek – 'n slang kan hom pik. Wie klippe uitbreek, kan homself daarmee beseer; wie hout kloof, kan daardeur in gevaar kom. As die byl stomp word, en 'n mens die snykant nie geslyp het nie, moet hy meer kragte inspan. 'n Voordeel is om wysheid in te span. As die slang pik voor hy besweer is, is daar geen voordeel vir die besweerder nie.
PREDIKER 10:1-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dooie vlieë laat die salf van die apteker 'n stinkende geur uitstuur; so ook 'n bietjie dwaasheid vir hom wat bekend is vir wysheid en eer. 'n Wyse man se hart is aan sy regterhand; maar 'n dwaas se hart aan sy linkerkant. Ja ook, wanneer hy wat 'n dwaas is, op die pad wandel, begewe sy wysheid hom, en hy sê vir elkeen dat hy 'n dwaas is. As die gees van die owerste teen jou opstaan, moet jy jou plek nie verlaat nie; want dit bring groot oortredinge tot bedaring. Daar is 'n onheil wat ek onder die son gesien het, soos 'n dwaling wat van die owerste uitgaan: Dwaasheid word in groot waardigheid gestel, en die rykes sit in die laagte. Ek het dienaars op perde gesien en vorste wat as diensknegte op die aarde loop. Hy wat 'n kuil grawe, sal daarin val; en wie 'n heining breek, 'n slang sal hom byt. Wie klippe verwyder, sal daarmee beseer word; en hy wat hout kloof, sal daardeur in gevaar wees. As die yster stomp is en hy die skerpte nie geslyp het nie, moet hy meer krag gee; maar wysheid is nuttig om te rig. Waarlik, die slang sal sonder towery byt; en 'n babbelaar is nie beter nie.