Dooie vlieë laat lekkerruik-olie stink en sleg word. Wanneer iemand 'n bietjie dom is, dan beteken sy wysheid min, en mense sal hom minder respekteer. Die verstand van 'n wyse mens laat dit goed gaan met hom, die verstand van 'n dwaas laat dit sleg gaan met hom. Ook wanneer die dwaas op 'n pad loop, dan kan mense sien dat hy nie verstand het nie, hy wys vir almal dat hy 'n dwaas is. Wanneer 'n persoon wat regeer, kwaad word vir jou, dan moet jy op jou plek bly en jou werk doen, want as jy kalm bly, dan sal jy nie dinge doen wat baie verkeerd is nie. Ek het 'n verkeerde ding in hierdie wêreld gesien, dit is 'n fout wat 'n belangrike persoon maak: Hy laat die dwase op baie belangrike plekke sit, maar ryk mense moet op die minder belangrike plekke sit. Ek het gesien dwase ry op perde, en leiers moet soos slawe loop. Wanneer iemand 'n gat grawe, dan sal hy miskien self daarin val, wanneer iemand 'n muur begin afbreek, dan sal 'n slang hom miskien pik. Wanneer iemand klippe breek, dan sal die klippe hom miskien seermaak, wanneer iemand bome afkap, dan moet hy versigtig wees. Wanneer 'n byl stomp is en jy maak dit nie skerp nie, dan moet jy harder kap, maar as jy wysheid het, dan kan jy slaag. Wanneer 'n slang pik voordat iemand hom getoor het, dan help dit nie dat iemand die slang later toor nie.
Lees Prediker 10
Deel
Vergelyk alle weergawes: Prediker 10:1-11
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's