DEUTERONOMIUM 14:1-9
DEUTERONOMIUM 14:1-9 Bybel vir almal (ABA)
Moses het gesê: “Julle is kinders van julle God die Here. Julle mag nie julleself stukkend sny of julle voorkop kaal skeer omdat julle hartseer is omdat iemand gesterf het nie, want julle is die gewyde volk van julle God die Here. Die Here het vir júlle gekies uit al die ander volke op die aarde om aan Hom te behoort en om sy eie volk te wees.” “Julle mag nie iets eet wat die Here haat nie. Julle mag net hierdie diere se vleis eet: beeste, skape, bokke, rooi takbokke, gaselle, vaal takbokke, klipbokke, oer-osse, bergbokke. Julle mag die vleis eet van enige dier wat gesplete hoewe het en wat sy kos herkou. Maar julle mag nie die vleis eet van diere wat herkou maar wat nie gesplete hoewe het nie, ook nie die vleis van diere wat gesplete hoewe het maar wat nie herkou nie. Kamele en hase en dassies herkou maar hulle het nie gesplete hoewe nie. Hulle is onrein vir julle. Varke het gesplete hoewe, maar hulle herkou nie. Hulle is onrein vir julle. Julle mag nie hierdie diere se vleis eet nie en julle mag nie aan hulle dooie liggame raak nie. Julle mag al die diere in die water eet wat vinne en skubbe het
DEUTERONOMIUM 14:1-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
JULLE is kinders van die HERE julle God; julle mag julle ter wille van 'n dooie nie stukkend kerwe of 'n kaalte tussen julle oë maak nie. Want jy is 'n volk heilig aan die HERE jou God, en jou het die HERE uitverkies om sy eiendomsvolk te wees uit al die volke wat op die aarde is. Jy mag niks eet wat 'n gruwel is nie. Dit is die diere wat julle mag eet: 'n bees, 'n skaap en 'n bok; 'n takbok en 'n gemsbok en 'n gestippelde takbok en 'n steenbok en 'n ribbok en 'n eland en 'n klipspringer; en al die diere wat gesplitste kloue het, en wel heeltemal in twee gesplitste kloue, en herkou onder die diere — dié mag julle eet. Maar die volgende mag julle nie eet nie van die wat herkou en van die wat die gesplitste kloue het: die kameel en die haas en die das, want hulle herkou maar het geen gesplitste kloue nie — onrein is hulle vir julle; ook die vark, want hy het gesplitste kloue, maar is geen herkouer nie — onrein is hy vir julle. Van hulle vleis mag julle nie eet en hulle aas mag julle nie aanraak nie. Dit mag julle eet van alles wat in die water is: alles wat vinne en skubbe het, mag julle eet.
DEUTERONOMIUM 14:1-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Julle is kinders van die Here julle God. Julle mag julle nie stukkend kerf of die hare voor op julle kop afskeer as julle oor 'n afgestorwene treur nie. Julle is 'n volk wat aan die Here julle God gewy is. Hy het julle uit al die volke op die aarde uitgekies om sy eiendomsvolk te wees. “Julle mag niks eet wat afstootlik is nie. Die diere waarvan julle mag eet, is: bees, skaap, bok, takbok, ribbok, hartbees, klipbok, eland, gemsbok, springbok, al dié wat volledig gesplete kloue het en herkou. Maar dié wat net herkou of net volledig gesplete kloue het, mag julle nie eet nie: die kameel, die haas, die dassie. Hulle herkou maar het nie gesplete kloue nie: hulle is vir julle onrein. Dit geld ook van die vark: hy het wel gesplete kloue maar hy herkou nie. Hy is vir julle onrein. Julle mag nie die vleis van hierdie diere eet of selfs aan hulle karkasse raak nie. “In die geval van waterdiere mag julle alles eet wat vinne en skubbe het.
DEUTERONOMIUM 14:1-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Julle is kinders van die HERE julle God. Julle mag nie julleself stukkend sny of 'n kaal plek op julle voorkoppe maak ter wille van 'n afgestorwene nie; want jy is vir die HERE jou God 'n heilige volk, en jou het die HERE uitgekies om as volk sy persoonlike eiendom te wees onder al die volke op aarde. “Jy mag nie enigiets afstootliks eet nie. Dit is die diere wat julle mag eet: beeste, skape en bokke; rooitakbokke, gaselle, hartbeeste, klipbokke, waterbokke, witgemsbokke en bergskape. Enige dier wat volledig gesplete hoewe het en wat ook herkou, dié mag julle eet. Maar die volgende onder die diere wat herkou of gesplete hoewe het, mag julle egter nie eet nie: die kameel, die haas en die dassie; want hulle herkou, maar het nie gesplete hoewe nie. Hulle is beslis •onrein vir julle. En ook nie die vark nie; want hy het gesplete hoewe, maar herkou nie. Hy is onrein vir julle. Van hulle vleis mag julle glad nie eet nie en aan hulle karkasse mag julle nie raak nie. Hulle is beslis vir julle onrein. “Dit is wat julle mag eet van alles wat in die water is: Alles wat vinne en skubbe het, mag julle eet
DEUTERONOMIUM 14:1-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Julle is die kinders van die HERE julle God; julle mag julleself nie sny nie en vir die dooies geen kaalte tussen julle oë maak nie. Want jy is 'n heilig volk aan die HERE jou God, en die HERE het jou uitverkies om vir Hom 'n eiendomsvolk te wees uit al die nasies wat op die aarde is. Jy mag geen gruwel eet nie. Dit is die diere wat julle moet eet: die bees, die skape en die bok, Die takbok en die wildsbok en die damhert en die wildsbok en die pygarg en die wildeos en die gems. En elke dier wat die kloue skei en die gesplete kloue in twee kloue kloof en herkou onder die diere, moet julle eet. Maar dit mag julle nie eet van die wat herkou of van die wat gesplitste kloue verdeel nie; soos die kameel en die haas en die kegel; want hulle herkou, maar verdeel die kloue nie; daarom is hulle vir julle onrein. En die vark, omdat dit die kloue verdeel, maar herkou nie, is vir julle onrein; van hulle vleis mag julle nie eet en aan hulle dooie aas nie. Dit moet julle eet van alles wat in die water is: alles wat vinne en skubbe het, moet julle eet.
DEUTERONOMIUM 14:1-9 Die Boodskap (DB)
“Julle is tog die Here se kinders; daarom moet julle nie so rou oor julle geliefdes wat dood is dat julle julle eie liggaam stukkend sny of julle kop kaal skeer nie. Julle is mos die Here se eiendom. Hy het julle tussen al die ander volke gaan uitsoek en vir Hom gevat.” “Julle mag nie allerlei walglike diere of insekte eet nie. Julle mag wel van die groot landdiere eet, soos bees, skaap, bok, takbok, ribbok, hartbees, klipbok, eland, gemsbok, springbok, al daardie diere waarvan die hoewe uit twee dele bestaan en wat herkou. Maar dié wat net herkou of net gesplete kloue het, mag julle nie eet nie. Diere soos die kameel, die haas en die dassie is verbode. Hulle is diere wat herkou, maar nie gesplete kloue het nie. Hierdie diere is vir julle onrein. Varke is ook vir julle onrein; daarom mag julle nie varkvleis eet nie. Hulle het wel gesplete kloue, maar herkou nie. Moet nooit van hierdie verbode diere eet of selfs aan die karkasse raak nie. “Julle mag enige vis met vinne en skubbe eet.
DEUTERONOMIUM 14:1-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Julle is kinders van die HERE julle God. Daarom mag julle nie ter wille van iemand wat dood is julleself stukkend sny, of die hare op julle voorkoppe afskeer nie. Julle is ’n volk wat vir die HERE julle God as heilig afgesonder is. Die HERE het julle as volk gekies om sy kosbare besitting uit al die volke van die aarde te wees. “Julle mag niks eet wat onrein is nie. Die diere wat julle wel mag eet, is: bees, skaap, bok, takbok, ribbok, hartbees, klipbok, eland, gemsbok en bergskaap. “Enige dier met gesplete hoewe en wat herkou, mag geëet word. As ’n dier nie aan albei vereistes voldoen nie, mag dit nie geëet word nie. Julle mag dus nie ’n kameel, haas of dassie eet nie. Hulle herkou, maar het nie gesplete hoewe nie. ’n Vark mag nie geëet word nie, want al het hy gesplete hoewe, herkou hy nie. Al hierdie diere is vir julle onrein. Julle mag hulle nie eet of selfs aan die karkasse van sulke diere raak nie. “Wat betref die diere in die water: Julle mag alles eet wat vinne en skubbe het