DEUTERONÓMIUM 14:1-9

DEUTERONÓMIUM 14:1-9 AFR53

JULLE is kinders van die HERE julle God; julle mag julle ter wille van 'n dooie nie stukkend kerwe of 'n kaalte tussen julle oë maak nie. Want jy is 'n volk heilig aan die HERE jou God, en jou het die HERE uitverkies om sy eiendomsvolk te wees uit al die volke wat op die aarde is. Jy mag niks eet wat 'n gruwel is nie. Dit is die diere wat julle mag eet: 'n bees, 'n skaap en 'n bok; 'n takbok en 'n gemsbok en 'n gestippelde takbok en 'n steenbok en 'n ribbok en 'n eland en 'n klipspringer; en al die diere wat gesplitste kloue het, en wel heeltemal in twee gesplitste kloue, en herkou onder die diere — dié mag julle eet. Maar die volgende mag julle nie eet nie van die wat herkou en van die wat die gesplitste kloue het: die kameel en die haas en die das, want hulle herkou maar het geen gesplitste kloue nie — onrein is hulle vir julle; ook die vark, want hy het gesplitste kloue, maar is geen herkouer nie — onrein is hy vir julle. Van hulle vleis mag julle nie eet en hulle aas mag julle nie aanraak nie. Dit mag julle eet van alles wat in die water is: alles wat vinne en skubbe het, mag julle eet.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid