Deuteronomium 14:1-9

Deuteronomium 14:1-9 AFR20

“ Julle is kinders van die HERE julle God. Julle mag nie julleself stukkend sny of 'n kaal plek op julle voorkoppe maak ter wille van 'n afgestorwene nie; want jy is vir die HERE jou God 'n heilige volk, en jou het die HERE uitgekies om as volk sy persoonlike eiendom te wees onder al die volke op aarde. “Jy mag nie enigiets afstootliks eet nie. Dit is die diere wat julle mag eet: beeste, skape en bokke; rooitakbokke, gaselle, hartbeeste, klipbokke, waterbokke, witgemsbokke en bergskape. Enige dier wat volledig gesplete hoewe het en wat ook herkou, dié mag julle eet. Maar die volgende onder die diere wat herkou of gesplete hoewe het, mag julle egter nie eet nie: die kameel, die haas en die dassie; want hulle herkou, maar het nie gesplete hoewe nie. Hulle is beslis •onrein vir julle. En ook nie die vark nie; want hy het gesplete hoewe, maar herkou nie. Hy is onrein vir julle. Van hulle vleis mag julle glad nie eet nie en aan hulle karkasse mag julle nie raak nie. Hulle is beslis vir julle onrein. “Dit is wat julle mag eet van alles wat in die water is: Alles wat vinne en skubbe het, mag julle eet

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid