2 SAMUEL 20:14-26
2 SAMUEL 20:14-26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Seba het by al die stamme van Israel langs gegaan na Abel en Bet-Maäga en na al die Beriete. Hulle het byeengekom en die stad binnegegaan, ook agter hom aan. Joab se manne het gekom en hom in Abel-Bet-Maäga beleër. Hulle het 'n beleëringswal teen die stad opgehoop, sodat dit in posisie was by die verdedigingswal. Terwyl al die manskappe by Joab verwoesting aangerig het om die stadsmuur te laat val, het 'n wyse vrou uit die stad geroep: “Luister, luister! Sê julle asseblief vir Joab, ‘Kom nader hierheen, ek wil met u praat.’ ” Toe hy nader gaan na haar, sê die vrou: “Is u Joab?” “Dit is ek,” antwoord hy. Sy sê toe vir hom: “Luister na die woorde van u dienares.” “Ek luister,” het hy gesê. Daarop sê sy: “In die verlede het hulle altyd gesê, ‘Doen maar net navraag in Abel,’ en so is die saak besleg. Ek praat namens die vredeliewendes van die getroues in Israel. U probeer om 'n stad, ja, 'n moeder in Israel, dood te maak. Waarom wil u die eiendom van die HERE verslind?” Joab het egter geantwoord en gesê: “Ek sal dit nooit ooit doen nie! Ek sal nie verslind nie en ek sal nie vernietig nie. Dit is nie waaroor dit gaan nie; maar 'n man uit die heuwelland van Efraim – Seba, seun van Bigri, is sy naam – het sy hand gelig teen die koning, teen Dawid. Lewer hom alleen uit, dan sal ek wegtrek van die stad af.” Toe sê die vrou vir Joab: “Goed, sy kop sal na u van die stadsmuur af gegooi word.” Die vrou het met haar wysheid na al die mense gegaan. Hulle het Seba, seun van Bigri, se kop afgekap en na Joab gegooi. Hy het toe op die ramshoring geblaas, en hulle het uiteengegaan, weg van die stad, elkeen na sy tente toe. Joab het teruggekeer na Jerusalem, na die koning. Joab was in bevel van die hele leër in Israel, en Benaja, seun van Jojada, van die Kreti en Pleti. Adoniram was in bevel van die dwangarbeid, en Josafat, seun van Agilud, was die herout. Sewa was sekretaris, en Sadok en Abjatar was priesters. Ook Ira, die man uit Jaïr, het vir Dawid as priester opgetree.
2 SAMUEL 20:14-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Intussen het Seba deur die gebied van al die stamme van Israel getrek tot by Abel Bet-Maäka. Die Beriete het bymekaargekom en hom tot in die stad gevolg. Toe Joab met sy soldate daar aankom, het hulle Abel Bet-Maäka beleër. Hulle het ’n beleëringswal teen die stad gebou. Dit was alreeds tot teen die muur. Almal by Joab was besig om deur die dorp se muur te breek. Maar ’n wyse vrou het uit die stad geroep en gesê: “Luister! Luister tog na my! Sê asseblief vir Joab: ‘Kom hierheen sodat ek met jou kan praat.’” Toe Joab naderkom, vra die vrou: “Is jy Joab?” “Ja, ek is Joab,” antwoord hy. Sy sê toe: “Luister goed na wat ek sê.” “Ek luister,” sê hy. Sy het voortgegaan: “Voorheen was daar ’n spreekwoord: ‘Vra gerus raad by Abel’ en dan het hulle daarvolgens opgetree. Ons is van die vreedsames en getroues in Israel. Maar jy is besig om ’n getroue stad wat in Israel hoogaangeskrewe is, te vernietig. Hoekom wil jy dit wat aan die HERE behoort, vernietig?” Joab het geantwoord: “Glo my, dis nie wat ek wil doen nie! Nee, ek wil nie julle stad vernietig nie. Al wat ek soek, is ’n man met die naam Seba seun van Bikri uit die Efraimsberge. Hy het in opstand gekom teen koning Dawid. As julle hom aan ons uitlewer, sal ons die stad in vrede laat.” “Dis goed so,” antwoord die vrou. “Let op! Ons sal sy kop vir julle oor die muur gooi.” Die vrou gaan toe na die inwoners met haar wyse raad. Hulle het Seba seun van Bikri se kop afgekap en dit oor die muur na Joab toe gegooi. Toe het hy op die ramshoring laat blaas en die soldate het uitmekaargegaan, elkeen na sy huis toe. Joab het teruggegaan na die koning in Jerusalem. Joab is weer herstel in sy pos as bevelvoerder van die leër van Israel. Benaja seun van Jojada was bevelvoerder van Dawid se Filistynse lyfwag. Adoram was in bevel van die dwangarbeiders. Josafat seun van Agilud was die skrywer. Sewa was die staatsekretaris. Sadok en Abjatar was die priesters. Ira uit Jaïr was ook Dawid se priester.
2 SAMUEL 20:14-26 Afrikaans 1983 (AFR83)
Seba het met al die stamme van Israel getrek na Abel toe, dit is Bet-Maäka. Al die Beriete het bymekaargekom en hom ook gevolg. Joab-hulle het toe gekom en vir Seba beleër in Abel-Bet-Maäka. Hulle het 'n beleëringswal teen die stad gegooi. Toe dit al vas teen die voorskans staan, en die hele leër wat by Joab was, besig was om die muur te ondergrawe en dit so te laat val, het 'n wyse vrou vanuit die stad geroep: “Luister! Luister! Sê tog vir Joab hy moet hierheen kom, ek wil met hom praat.” Hy het nader gegaan en die vrou het gevra: “Is u Joab?” Hy het geantwoord: “Ja,” en sy sê vir hom: “Luister tog na my woorde.” “Ek luister,” was sy antwoord. Sy sê toe: “Vanmelewe het die mense altyd gesê: ‘Hulle kan gerus maar by Abel kom raad vra,’ en dan het hulle daarvolgens gehandel. Ons is van die heel getroustes in Israel. U wil nou 'n stad uitroei wat in Israel in aansien is. Waarom wil u 'n stad wat aan die Here behoort, uitroei?” Toe antwoord Joab: “Dit wil ek glad nie doen nie. Ek wil nie uitroei of uitwis nie. Dit gaan maar net oor 'n man uit die Efraimsberge. Sy naam is Seba seun van Bikri. Hy het teen koning Dawid in opstand gekom. Lewer hom net uit, dan trek ek van die stad af weg.” Hierop het die vrou geantwoord: “Goed! Sy kop sal vir jou oor die muur gegooi word.” Die vrou is toe met haar plan na die stadsburgers toe, en hulle het Seba seun van Bikri se kop afgesny en dit na Joab toe oorgegooi. Hy het die ramshoring geblaas, en die manskappe het van die stad af uitmekaargegaan, elkeen na sy woonplek toe. Maar Joab het na die koning toe teruggegaan in Jerusalem. Joab was die bevelvoerder oor die hele Israelitiese leër. Benaja seun van Jojada het die beheer gehad oor die koninklike lyfwag. Adoniram was in bevel van die dwangarbeiders. Josafat seun van Agilud was hoof uitvoerende beampte; Sewa was staatsekretaris, en Sadok en Abjatar was priesters. En verder was Ira, uit Jaïr, ook priester onder Dawid.
2 SAMUEL 20:14-26 Bybel vir almal (ABA)
Seba het die manne van al die stamme van Israel met hom saamgeneem na die stad Abel-Bet-Maäka. Al die manne van die Beker-familie het ook bymekaargekom en hulle het saam met hom gegaan. Joab en die ander manne het die stad aangeval van al die kante. Hulle het 'n grondwal teen die muur van die stad gebou en al die manne by Joab het begin om die muur van die stad af te breek. Daar was 'n slim vrou in die stad, sy het geskree: “Luister, luister na my! Sê asseblief vir Joab hy moet nader kom hiernatoe, ek wil met hom praat.” Toe Joab nader kom, het die vrou gevra: “Is jy Joab?” En Joab het gesê: “Ja, ek is.” Sy sê toe vir hom: “Luister na wat ek sê.” En hy het gesê: “Goed, ek luister.” Die vrou het gesê: “Die mense het voorheen altyd gesê: ‘Vra vir iemand in die stad Abel,’ en dan het hulle geweet wat om te doen. Ek is een van die baie mense in die land Israel wat vrede wil hê en ek wil gehoorsaam wees aan die koning. Hoekom wil jy die mense van hierdie belangrike stad doodmaak? Dit is 'n stad wat aan die Here behoort, hoekom wil jy dit verwoes?” Joab het geantwoord: “Nee, ek wil glad nie die stad verwoes en sy mense doodmaak nie. Dit is nie wat ek wil doen nie. Maar iemand van die Efraim-berge het opstandig geword teen die koning, teen Dawid. Sy naam is Seba seun van Bikri. Gee hom vir ons, dan sal ons weggaan van die stad.” Die vrou het vir Joab gesê: “Goed, ons sal sy kop vir jou oor die muur gooi.” Die vrou het na al die manne in die stad gegaan en sy het vir hulle gesê wat sy dink hulle moet doen. Hulle het toe die kop van Seba seun van Bikri afgekap en hulle het dit vir Joab gegooi. Joab het die ramshoring geblaas en hy en sy manne het weggegaan van die stad, elkeen na sy huis. Joab het teruggegaan na Jerusalem, na die koning toe. Joab was die hoof van die hele leër van Israel. Benaja seun van Jojada was die hoof van die manne wat die koning opgepas het. Adoram was die hoof van die mense wat vir die koning moes werk. Josafat seun van Agilud was die hoof van die amptenare. Seja was die sekretaris, en Sadok en Abjatar was die priesters. Ira van die stad Jaïr was ook 'n priester van Dawid.
2 SAMUEL 20:14-26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En dié het deur al die stamme van Israel getrek na Abel en Bet- Máäga en die hele Berim; en hulle het byeengekom en ook agter hom aan gegaan. En hulle het gekom en hom in Abel-Bet-Máäga beleër en 'n wal teen die stad opgegooi, wat teen die voorskans opgerys het. Terwyl al die manskappe van Joab besig was met verwoes om die muur te laat val, roep 'n wyse vrou uit die stad: Luister, luister! Sê tog vir Joab: Kom hierheen, dat ek met u kan spreek. En toe hy nader kom na haar, sê die vrou: Is u Joab? En hy antwoord: Ja. En sy sê vir hom: Hoor die woorde van u dienares. En hy antwoord: Ek hoor. Daarop spreek sy en sê: Vroeër was hulle gewoond om só te sê: Laat hulle Abel maar net raadpleeg! en so het hulle 'n saak afgehandel. Ek is een van die vredeliewendes, van die getroues in Israel. U is daarop uit om 'n stad te vernietig, nogal 'n moeder in Israel. Waarom wil u die erfdeel van die HERE te gronde rig? En Joab antwoord en sê: Dit is ver, ver van my, dat ek te gronde sou rig en dat ek sou verwoes! Die saak is nie so nie; maar 'n man van die gebergte van Efraim met die naam van Seba, die seun van Bigri, het sy hand opgehef teen die koning, teen Dawid: lewer hom alleen uit, dan wil ek van die stad af wegtrek. En die vrou sê vir Joab: Kyk, sy hoof sal oor die muur na u toe gegooi word. En die vrou het haar in haar wysheid tot die hele volk gewend, en hulle het die hoof van Seba, die seun van Bigri, afgekap en na Joab oorgegooi. Toe het hy op die ramshoring geblaas, en hulle is verstrooi, weg van die stad af, elkeen na sy tente; en Joab het na Jerusalem, na die koning teruggegaan. En Joab was oor die hele leër van Israel, en Benája, die seun van Jójada, oor die Kreti en oor die Pleti; en Adóram was oor die dwangarbeid, en Jósafat, die seun van Ahílud, was kanselier. En Seja was skrywer; en Sadok en Ábjatar priesters. En ook Ira, die Jaïriet, was priester by Dawid.
2 SAMUEL 20:14-26 Afrikaans 1983 (AFR83)
Seba het met al die stamme van Israel getrek na Abel toe, dit is Bet-Maäka. Al die Beriete het bymekaargekom en hom ook gevolg. Joab-hulle het toe gekom en vir Seba beleër in Abel-Bet-Maäka. Hulle het 'n beleëringswal teen die stad gegooi. Toe dit al vas teen die voorskans staan, en die hele leër wat by Joab was, besig was om die muur te ondergrawe en dit so te laat val, het 'n wyse vrou vanuit die stad geroep: “Luister! Luister! Sê tog vir Joab hy moet hierheen kom, ek wil met hom praat.” Hy het nader gegaan en die vrou het gevra: “Is u Joab?” Hy het geantwoord: “Ja,” en sy sê vir hom: “Luister tog na my woorde.” “Ek luister,” was sy antwoord. Sy sê toe: “Vanmelewe het die mense altyd gesê: ‘Hulle kan gerus maar by Abel kom raad vra,’ en dan het hulle daarvolgens gehandel. Ons is van die heel getroustes in Israel. U wil nou 'n stad uitroei wat in Israel in aansien is. Waarom wil u 'n stad wat aan die Here behoort, uitroei?” Toe antwoord Joab: “Dit wil ek glad nie doen nie. Ek wil nie uitroei of uitwis nie. Dit gaan maar net oor 'n man uit die Efraimsberge. Sy naam is Seba seun van Bikri. Hy het teen koning Dawid in opstand gekom. Lewer hom net uit, dan trek ek van die stad af weg.” Hierop het die vrou geantwoord: “Goed! Sy kop sal vir jou oor die muur gegooi word.” Die vrou is toe met haar plan na die stadsburgers toe, en hulle het Seba seun van Bikri se kop afgesny en dit na Joab toe oorgegooi. Hy het die ramshoring geblaas, en die manskappe het van die stad af uitmekaargegaan, elkeen na sy woonplek toe. Maar Joab het na die koning toe teruggegaan in Jerusalem. Joab was die bevelvoerder oor die hele Israelitiese leër. Benaja seun van Jojada het die beheer gehad oor die koninklike lyfwag. Adoniram was in bevel van die dwangarbeiders. Josafat seun van Agilud was hoof uitvoerende beampte; Sewa was staatsekretaris, en Sadok en Abjatar was priesters. En verder was Ira, uit Jaïr, ook priester onder Dawid.
2 SAMUEL 20:14-26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Seba het by al die stamme van Israel langs gegaan na Abel en Bet-Maäga en na al die Beriete. Hulle het byeengekom en die stad binnegegaan, ook agter hom aan. Joab se manne het gekom en hom in Abel-Bet-Maäga beleër. Hulle het 'n beleëringswal teen die stad opgehoop, sodat dit in posisie was by die verdedigingswal. Terwyl al die manskappe by Joab verwoesting aangerig het om die stadsmuur te laat val, het 'n wyse vrou uit die stad geroep: “Luister, luister! Sê julle asseblief vir Joab, ‘Kom nader hierheen, ek wil met u praat.’ ” Toe hy nader gaan na haar, sê die vrou: “Is u Joab?” “Dit is ek,” antwoord hy. Sy sê toe vir hom: “Luister na die woorde van u dienares.” “Ek luister,” het hy gesê. Daarop sê sy: “In die verlede het hulle altyd gesê, ‘Doen maar net navraag in Abel,’ en so is die saak besleg. Ek praat namens die vredeliewendes van die getroues in Israel. U probeer om 'n stad, ja, 'n moeder in Israel, dood te maak. Waarom wil u die eiendom van die HERE verslind?” Joab het egter geantwoord en gesê: “Ek sal dit nooit ooit doen nie! Ek sal nie verslind nie en ek sal nie vernietig nie. Dit is nie waaroor dit gaan nie; maar 'n man uit die heuwelland van Efraim – Seba, seun van Bigri, is sy naam – het sy hand gelig teen die koning, teen Dawid. Lewer hom alleen uit, dan sal ek wegtrek van die stad af.” Toe sê die vrou vir Joab: “Goed, sy kop sal na u van die stadsmuur af gegooi word.” Die vrou het met haar wysheid na al die mense gegaan. Hulle het Seba, seun van Bigri, se kop afgekap en na Joab gegooi. Hy het toe op die ramshoring geblaas, en hulle het uiteengegaan, weg van die stad, elkeen na sy tente toe. Joab het teruggekeer na Jerusalem, na die koning. Joab was in bevel van die hele leër in Israel, en Benaja, seun van Jojada, van die Kreti en Pleti. Adoniram was in bevel van die dwangarbeid, en Josafat, seun van Agilud, was die herout. Sewa was sekretaris, en Sadok en Abjatar was priesters. Ook Ira, die man uit Jaïr, het vir Dawid as priester opgetree.
2 SAMUEL 20:14-26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het deur al die stamme van Israel gegaan na Abel en Bet-Maga en al die Beriete; en hulle het bymekaargekom en ook agter hom aan gegaan. En hulle het gekom en hom in Abel van Bet-Maga beleër, en hulle het 'n wal teen die stad opgegooi, en dit het in die sloot gestaan; en al die manskappe wat saam met Joab was, het die muur verslaan om dit af te breek. Toe roep 'n wyse vrou uit die stad: Hoor, hoor! sê tog vir Joab: Kom nader hierheen, dat ek met jou kan spreek. En toe hy nader kom na haar, sê die vrou: Is jy Joab? En hy antwoord: Ek is hy. Toe sê sy vir hom: Hoor die woorde van u dienares. En hy antwoord: Ek hoor. Toe het sy gespreek en gesê: Hulle was gewoond om te spreek in die ou tyd en gesê: Hulle sal sekerlik by Abel raad vra; en so het hulle die saak beëindig. Ek is een van die vredeliewendes en getroues in Israel; jy soek 'n stad en 'n moeder in Israel; waarom sal jy die erfdeel van die HERE verslind? En Joab antwoord en sê: Dit is ver, ver is dit van my af, dat ek sou verslind of vernietig. Die saak is nie so nie, maar 'n man van die gebergte van Efraim, met die naam van Seba, die seun van Bikri, het sy hand opgehef teen die koning, teen Dawid; red hom alleen, en ek sal uit die stad vertrek. En die vrou sê vir Joab: Kyk, sy kop word vir jou oor die muur gegooi. Die vrou het toe na die hele volk gegaan in haar wysheid. En hulle het Skeba, die seun van Bigri, se kop afgekap en dit na Joab toe uitgegooi. En hy het op die basuin geblaas, en hulle het uit die stad teruggetrek, elkeen na sy tent. En Joab het na Jerusalem teruggekeer na die koning. En Joab was oor die hele leër van Israel, en Benaja, die seun van Jojada, was oor die Kretiete en oor die Pleti. En Adoram was oor die belasting, en Jósafat, die seun van Ahilud, was kanselier. En Sewa was skrifgeleerde, en Sadok en Abjatar was die priesters. En ook Ira, die Jaïriet, was 'n owerste oor Dawid.
2 SAMUEL 20:14-26 Die Boodskap (DB)
Joab het by al die stamme van Israel gesoek tot hy Seba in Abel (dis nou Bet-Maäka) gekry het. Al die Beriete het bymekaargekom en ook saam met Joab gegaan. Hulle het Seba in Abel-Bet-Maäka vasgekeer. Hulle het ’n skuins wal teen die voormuur van die stad gepak en so kon al die soldate by die groot muur om die stad kom. Hulle het teen die muur gestamp om dit te laat val. ’n Slim vrou het bo van die muur af geskree: “Haai, hoor hierso! Sê asseblief vir Joab hy moet hiernatoe kom! Ek wil met hom praat!” Joab het nader gegaan en die vrou het vir hom gevra: “Is u Joab?” “Ja,” antwoord Joab. “Kan ek maar vir u iets sê?” vra sy. “Ja, ek luister,” sê hy. Die vrou sê toe: “Daar was ’n ou spreekwoord wat gesê het: ‘As jy regtig probleme het, sal hulle dit vir jou in Abel oplos.’ Ons is bekend as vredeliewende, getroue Israeliete. Nou wil u ’n stad wat ’n voorbeeld is in Israel se mense doodmaak. Hoekom wil u ’n plek vernietig wat aan die Here behoort?” “Nee, nooit!” antwoord Joab. “Ek is nie daarop uit om te vernietig en te verwoes nie! Dís nie my plan nie! Maar hier is iemand by julle wat teen koning Dawid in opstand is. Hy kom van die Efraimberge af en sy naam is Seba, seun van Bikri. As julle hóm net vir my gee, dan los ek die stad uit.” Die vrou sê vir Joab: “U kan seker wees sy kop sal vir u van die muur afgegooi word.” Die vrou het die mense in die stad oortuig en hulle het Seba se kop afgekap en dit vir Joab gegooi. Joab het op ’n ramshoring geblaas en sy manskappe het sommer reguit huis toe gegaan. Joab self is terug na die koning toe in Jerusalem. Joab was die hoof van die hele weermag van Israel. Jojada se seun Benaja was die hoof van die koning se lyfwag. Adoniram moes sorg dat die slawewerk gedoen word. Josafat, Agilud se seun, was die regering se sekretaris. Sewa moes alles vir die regering opskryf en Sadok en Abjatar was die belangrikste priesters. Ira, wat van Jaïr af gekom het, was ook een van Dawid se priesters.