2 SAMUEL 12:24-25
2 SAMUEL 12:24-25 Bybel vir almal (ABA)
Dawid het sy vrou Batseba getroos. Hy het na haar toe gegaan en by haar geslaap. Sy het 'n seun gekry, en Dawid het hom Salomo genoem. Die Here was lief vir die kind. Die Here het vir Natan gestuur om te sê sy naam moet Jedidja wees, want die Here is lief vir hom.
2 SAMUEL 12:24-25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarna het Dawid sy vrou Bátseba getroos en by haar ingegaan en by haar geslaap. En sy het 'n seun gebaar, en hy het hom Salomo genoem. En die HERE het hom liefgehad, en Hy het hom deur Natan, die profeet, Jedídja laat noem, ter wille van die HERE.
2 SAMUEL 12:24-25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarna het Dawid sy vrou Batseba getroos. Hy het by haar slaapkamer ingegaan en by haar geslaap. Sy het 'n seun in die wêreld gebring, en Dawid het hom Salomo genoem. Die Here het hom liefgehad en het hom deur die profeet Natan Jedidja laat noem, wat beteken: “die Here het hom lief”.
2 SAMUEL 12:24-25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dawid het sy vrou, Batseba, getroos. Hy het na haar toe gegaan, by haar geslaap, en sy het vir hom 'n seun in die wêreld gebring. Hy het hom Salomo genoem. Die HERE was lief vir hom en het deur Natan, die profeet, 'n boodskap gestuur. Hy het hom Jedidja genoem op aandrang van die HERE.
2 SAMUEL 12:24-25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Dawid het sy vrou Bátseba getroos en by haar ingegaan en met haar gemeenskap gehad; en sy het 'n seun gebaar, en hy het hom Salomo genoem; en die HERE het hom liefgehad. En hy het deur die hand van die profeet Natan gestuur; en hy het hom Jedidja genoem ter wille van die HERE.
2 SAMUEL 12:24-25 Die Boodskap (DB)
Dawid het sy vrou Batseba getroos. Hy het by haar geslaap en sy het toe weer ’n seuntjie gehad. Dawid het hom Salomo genoem. Die Here het van Salomo gehou. Die Here het Natan gestuur om ook vir hom ’n naam te gee. Hy het hom Jedidja, “die Here se liefling”, genoem.
2 SAMUEL 12:24-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dawid het toe vir Batseba sy vrou getroos en by haar geslaap. Sy het ’n seun in die wêreld gebring. Dawid het hom Salomo genoem. Die HERE het die seun liefgehad en het deur die profeet Natan laat weet dat sy naam Jedidja, geliefde van die HERE, moes wees, want die HERE het hom liefgehad.