2 KORINTIËRS 4:7,18
2 KORINTIËRS 4:7 Bybel vir almal (ABA)
Hierdie boodskap oor Jesus Christus is baie kosbaar. Maar God het die boodskap gebêre in kleipotte wat maklik kan breek. Hierdie kleipotte is ons. Almal moet sien dat die boodskap groot krag het omdat dit van God kom en nie van ons nie.
2 Korintiërs 4:18 Bybel vir almal (ABA)
Daarom is die dinge wat 'n mens kan sien, nie baie belangrik vir ons nie. Die dinge wat 'n mens nie kan sien nie, is belangrik. Die dinge wat 'n mens kan sien, is net 'n kort tydjie daar, maar die dinge wat 'n mens nie kan sien nie, is vir altyd.
2 KORINTIËRS 4:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit ons nie.
II KORINTHIËRS 4:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.
2 KORINTIËRS 4:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie.
2 KORINTIËRS 4:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.
2 KORINTIËRS 4:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hierdie skat het ons in kleipotte, sodat die buitengewone krag duidelik van God kom en nie van ons nie.
2 Korinthiërs 4:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
terwyl ons nie let op die sigbare nie, maar op die onsigbare dinge; want die sigbare is tydelik, die onsigbare ewig.
2 KORINTIËRS 4:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God kan wees en nie van ons nie.
2 Korintiërs 2 Korintiërs 4:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Terwyl ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik; maar die dinge wat onsigbaar is, is ewig.
2 KORINTIËRS 4:7 Die Boodskap (DB)
Al is God by my, is ek maar net ’n doodgewone mens. Ek is soos ’n breekbare kleipot. Die lewe stamp my ook maar goed rond. Tog dra ek ’n baie waardevolle skat hier binne-in my rond. Daarom moet julle weet dat die groot krag van God wat deur my werk, glad nie uit my kom nie. Inteendeel
2 Korintiërs 4:18 Die Boodskap (DB)
Ons staar ons glad nie blind teen alles wat hier met ons gebeur nie. Nee, ons kyk by al ons probleme en teenslae verby. Ons oog is net op God se wêreld ingestel. Dit wat ons vandag sien, is in elk geval môre nie meer daar nie. Hier hou niks vir ewig nie. Al wat vir altyd sal bly bestaan, is God se nuwe wêreld.
2 KORINTIËRS 4:7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ons het hierdie skat egter maar net in breekbare kleipotte – die allesoortreffende krag kom van God en nie van ons nie.