2 KORINTIËRS 1:1-2
2 KORINTIËRS 1:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van Paulus, 'n apostel van Christus Jesus deur die wil van God, en van die broer Timoteus. Aan die gemeente van God in Korinte en aan almal wat aan die Here behoort in die hele Agaje. Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus!
2 KORINTIËRS 1:1-2 Die Boodskap (DB)
Van Paulus. Ek is deur Christus Jesus as ’n apostel aangestel. My aanstelling dra ook God se goedkeuring weg. Timoteus, een van my helpers en ons broer in die Here, stuur groete vir julle. Ek skryf aan almal van julle in die kerk in Korinte. Ja, en ook aan almal wat deel van God se kerk is in die res van die Romeinse provinsie Agaje. God ons Vader en die Here Jesus Christus gee aan julle almal genade en vrede.
2 KORINTIËRS 1:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hierdie brief kom van Paulus. Deur die wil van God is ek ’n apostel van Christus Jesus. Ons broer Timoteus skryf hierdie brief saam met my. Ons skryf aan die gemeente van God in Korinte en aan al God se mense wat in die hele Agaje woon. Mag die genade en vrede van God ons Vader en die Here Jesus Christus met julle wees.
2 KORINTIËRS 1:1-2 Bybel vir almal (ABA)
God het besluit om vir my, Paulus, 'n apostel van Christus Jesus te maak. Ek en Timoteus, wat ook 'n gelowige is, skryf nou hierdie brief vir julle, die gemeente van God daar in die stad Korinte. Ons skryf ook vir almal wat aan God behoort, oral in die provinsie Agaje. Ons bid dat God ons Vader en die Here Jesus Christus genadig sal wees vir julle en dat Hy vir julle vrede sal gee.
2 KORINTIËRS 1:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
PAULUS, 'n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, en Timótheüs, die broeder, aan die gemeente van God wat in Korinthe is, saam met al die heiliges wat in die hele Acháje is: Genade vir julle en vrede van God, onse Vader, en die Here Jesus Christus.
2 KORINTIËRS 1:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van Paulus, 'n apostel van Christus Jesus deur die wil van God, en van die broer Timoteus. Aan die gemeente van God in Korinte en aan almal wat aan die Here behoort in die hele Agaje. Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus!
2 KORINTIËRS 1:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Paulus, 'n •apostel van •Christus Jesus deur die wil van God, en die broer Timoteus, aan die •gemeente van God wat in Korinthe is, saam met al die heiliges in die hele Agaje: Genade en vrede vir julle van God, ons Vader, en die Here Jesus Christus.
2 KORINTIËRS 1:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Paulus, 'n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, en Timoteus, ons broeder, aan die gemeente van God wat in Korinthe is, met al die heiliges wat in die hele Achaje is. Genade vir julle en vrede van God ons Vader en van die Here Jesus Christus.