2 KRONIEKE 7:2
2 KRONIEKE 7:2 Bybel vir almal (ABA)
Die priesters kon nie in die tempel kom nie, want die lig wat om die Here, die Koning, is, het in die hele tempel geskyn.
2 KRONIEKE 7:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en die priesters kon nie in die huis van die HERE ingaan nie, want die heerlikheid van die HERE het die huis van die HERE vervul.
2 KRONIEKE 7:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die priesters kon nie in die huis van die Here ingaan nie, so het sy magtige teenwoordigheid sy huis gevul.
2 KRONIEKE 7:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die priesters kon nie die huis van die HERE binnegaan nie, want die heerlikheid van die HERE het die huis van die HERE gevul.
2 KRONIEKE 7:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die priesters kon nie in die huis van die HERE ingaan nie, omdat die heerlikheid van die HERE die huis van die HERE vervul het.