1 TIMOTEUS 5:17-18
1 TIMOTEUS 5:17-18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Laat die ouderlinge wat goed regeer dubbele eer waardig geag word, veral hulle wat arbei in die woord en die leer. Want die Skrif sê: Jy mag die bees wat die graan dors, nie muilband nie. En: Die arbeider is sy loon waardig.
1 TIMOTEUS 5:17-18 Bybel vir almal (ABA)
Daar is ouderlinge wat goeie leiers is. Die gelowiges moet hulle respekteer en beloon, spesiaal die ouderlinge wat baie hard werk en preek en vir die mense leer. Want in die Ou Testament is geskryf: “ Jy mag nie 'n bees se bek toebind wanneer hy op die dorsvloer werk nie.” En daar is ook geskryf: Wanneer iemand werk, dan moet jy hom beloon.
1 TIMOTEUS 5:17-18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
LAAT die ouderlinge wat goed regeer, dubbele eer waardig geag word, veral die wat arbei in woord en leer. Want die Skrif sê: Jy mag 'n os wat graan dors, nie muilband nie; en: Die arbeider is sy loon werd.
1 TIMOTEUS 5:17-18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die ouderlinge wat goeie leiding gee, behoort dubbele erkenning te kry, veral dié wat hard werk deur te preek en onderrig te gee, want die Skrif sê: “Jy mag nie 'n bees waarmee jy graan dors, se bek toebind nie,” en ook: “Die arbeider is geregtig op sy loon.”
1 TIMOTEUS 5:17-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Laat die ouderlinge wat goed leiding gee, dubbele eer ontvang, veral diegene wat hard werk aan woordverkondiging en onderrig. Want die Skrif sê, “Jy mag 'n bees wat graan trap, nie muilband nie,” en “'n Arbeider is sy loon werd.”
1 TIMOTEUS 5:17-18 Die Boodskap (DB)
Die gemeente moet vir die leiers in die gemeente wat mooi na die sake van die gemeente kyk behoorlik dankie sê, veral as hulle vir ander van die Here vertel en hulle help om al hoe meer van God se dinge te verstaan. Hulle moet hulle selfs betaal. In die Skrif staan daar mos: “Jy moenie die bees se bek toebind wat besig is om jou met jou koringoes te help nie,” en: “Iemand wat werk, mag ook geld kry vir die werk wat hy doen.”
1 TIMOTEUS 5:17-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ouderlinge wat hulle werk goed doen, moet ook goed betaal word, veral dié wat hard werk in prediking én lering. Want die Skrif sê: “Moenie ’n os verhinder om te eet terwyl hy die graan uittrap nie.” En op ’n ander plek: “Dié wat werk, verdien hulle loon.”