1 KONINGS 9:11-14
1 KONINGS 9:11-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
waarvoor koning Hiram van Tirus aan Salomo soveel sederhout, sipreshout en ook goud gelewer het as wat hy wou hê, het koning Salomo twintig stede in Galilea aan Hiram oorgedra. Toe Hiram hierdie stede wat Salomo aan hom oorgedra het, uit Tirus gaan besigtig, was hy teleurgestel en het hy gesê: “Wat se stede is dit wat jy vir my gee, my broer!” Daarom dra dit tot vandag nog die naam “Kabulstreek” . Hiram het aan Salomo meer as vier ton goud gelewer.
1 KONINGS 9:11-14 Die Boodskap (DB)
Koning Hiram van Tirus het al die seder- en dennehout verskaf, asook al die goud wat Salomo nodig gehad het. Nadat alles voltooi is, het Salomo twintig stede in Galilea aan Hiram gegee. Hiram het opgewonde na die stede gaan kyk, maar was diep teleurgesteld. Hy het nie van een van hulle gehou nie. Hiram het toe vir Salomo gesê: “My vriend, hierdie stede beteken niks, hulle het geen waarde nie.” Vandag nog word hierdie gebied “Kabul” of “Nikswerd” genoem. Hiram was baie ongelukkig, maar hy het die stede aanvaar. Hy het ook nog 4 000 kilogram goud aan Salomo gestuur.
1 KONINGS 9:11-14 Bybel vir almal (ABA)
Koning Hiram van Tirus het vir Salomo die sederhout en sipreshout en goud gegee wat Salomo wou hê om die tempel en die paleis te bou. Salomo het daarna vir Hiram 20 stede in die land Galilea gegee. Hiram het gaan kyk na die stede wat Salomo vir hom gegee het, maar Hiram het nie van die stede gehou nie. Hy het gesê: “My vriend, hoekom gee jy vir my hierdie stede? Hulle beteken niks.” Die mense noem daardie plek nou nog “Nikswerd-land.” Hiram het 120 talente goud vir die koning gestuur.
1 KONINGS 9:11-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hiram, die koning van Tirus, het Salomo gehelp met sederhout en sipreshout en goud soveel as hy wou hê — gee koning Salomo aan Hiram twintig stede in die land Galiléa. En Hiram het uit Tirus uitgetrek om die stede te bekyk wat Salomo hom gegee het, maar hulle was nie reg in sy oë nie. Daarop sê hy: Wat vir stede is dit wat jy my gegee het, my broer? En hulle noem dit die land Kabul, tot vandag toe. En Hiram het aan die koning honderd-en-twintig talente goud gestuur.
1 KONINGS 9:11-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
gee koning Salomo toe vir Hiram twintig dorpe in die landstreek Galilea. Hiram, die koning van Tirus, het immers vir Salomo bygestaan met sederhout en sipreshout en goud, soveel as wat hy wou hê. Hiram het uit Tirus vertrek om die dorpe te besigtig wat Salomo vir hom gegee het, maar in sy oë was dit nie goed genoeg nie. Hy het gesê: “Wat is hierdie dorpe wat jy vir my gegee het, my broer?” Hy het dit die gebied van Kabul genoem; dit is vandag nog so. Hiram het immers vir die koning 'n honderd-en-twintig kikkar goud gestuur.
1 KONINGS 9:11-14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Nou het Hiram, die koning van Tirus, vir Salomo met sederbome en sipresbome en met goud voorsien volgens al sy begeertes, en koning Salomo het toe aan Hiram twintig stede in die land Galilea gegee. En Hiram het uit Tirus uitgegaan om die stede te sien wat Salomo hom gegee het; en hulle het hom nie behaag nie. En hy sê: Watter stede is dit wat jy my gegee het, my broer? En hy het hulle die land Kabul genoem tot vandag toe. En Hiram het sestig talente goud na die koning gestuur.
1 KONINGS 9:11-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe het hy twintig dorpe in Galilea as betaling vir Hiram van Tirus gegee vir al die sederhout, sipreshout en goud wat hy vir die bouprojek nodig gehad het. Hiram het uit Tirus kom kyk hoe die dorpe lyk wat Salomo vir hom gegee het, maar hy was nie daarmee tevrede nie. “Watter soort dorpe is dit wat jy vir my gegee het, my broer?” het hy gevra. “Hierdie dorpe is tog waardeloos!” Daarom word dit tot vandag toe Kabulstreek genoem. Hiram het meer as vier ton goud aan Salomo gelewer.