1 Konings 9:11-14

1 Konings 9:11-14 CAB23

Nou het Hiram, die koning van Tirus, vir Salomo met sederbome en sipresbome en met goud voorsien volgens al sy begeertes, en koning Salomo het toe aan Hiram twintig stede in die land Galilea gegee. En Hiram het uit Tirus uitgegaan om die stede te sien wat Salomo hom gegee het; en hulle het hom nie behaag nie. En hy sê: Watter stede is dit wat jy my gegee het, my broer? En hy het hulle die land Kabul genoem tot vandag toe. En Hiram het sestig talente goud na die koning gestuur.