1 KONINGS 5:1-12

1 KONINGS 5:1-12 Bybel vir almal (ABA)

Koning Hiram van Tirus was altyd 'n vriend van Dawid totdat Dawid gesterf het. Toe Hiram hoor dat hulle vir Salomo gesalf het om koning te wees ná sy pa, het hy party van sy amptenare na Salomo toe gestuur. Salomo het vir die amptenare gesê hulle moet vir Hiram sê: “Jy weet self dat my pa Dawid oorlog moes maak teen al die volke rondom sy land totdat die Here hom laat wen het teen hulle. Daarom kon hy nie 'n tempel bou vir sy God die Here nie. Maar nou het my God die Here vir my vrede gegee met al die volke rondom my land. Ek het nie vyande nie en daar is nie gevaar nie. En daarom wil ek nou 'n tempel bou vir my God die Here. Ek wil dit doen soos die Here vir my pa Dawid gesê het. Die Here het gesê: ‘Ek sal jou seun koning laat word ná jou, en hý sal die tempel bou vir My.’ Nou moet jy vir jou werkers sê hulle moet vir my sederbome afkap op die Libanon-berg. My werkers sal saam met jou werkers werk. Ek sal jou werkers betaal, jy moet sê hoeveel ek vir hulle moet gee. Jy weet self ons het nie mense wat so goed bome kan afkap soos die mense van Sidon nie.” Hiram was baie bly toe hy Salomo se boodskap kry. Hy het gesê: “Ek prys die Here vandag dat Hy vir Dawid so 'n wyse seun gegee het om koning te wees oor hierdie belangrike volk.” Hiram het vir Salomo laat weet: “Ek het jou boodskap gekry. Ek sal vir jou al die sederbome en sipresbome gee wat jy wil hê. My werkers sal dit van die Libanon-berg afbring na die see. Ek sal vlotte maak van die hout en ek sal dit vir jou bring, jy moet sê na watter plek. Ek sal die hout van die vlotte daar losmaak, en jy kan die hout dan verder neem. En jy moet dan vir die mense in my paleis kos gee, soveel kos soos ek wil hê.” Hiram het vir Salomo soveel sederhout en sipreshout gegee soos hy wou hê, en Salomo het elke jaar vir Hiram 20 000 kor koring en 20 kor skoon olyf-olie gegee vir die mense in sy paleis. Die Here het vir Salomo wysheid gegee soos Hy belowe het. Daar was vrede tussen Hiram en Salomo, en hulle het 'n ooreenkoms gemaak.

1 KONINGS 5:1-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

EN Hiram, die koning van Tirus, het sy dienaars na Salomo gestuur, omdat hy gehoor het dat hulle hom in sy vader se plek as koning gesalf het, want Hiram was altyd 'n vriend van Dawid. Daarop laat Salomo aan Hiram weet: U weet self dat my vader Dawid geen huis vir die Naam van die HERE sy God kon bou nie vanweë die oorlog waarmee hulle hom omring het, totdat die HERE hulle onder sy voetsole gebring het. Maar nou het die HERE my God my rus gegee rondom; daar is geen teëstander en daar is geen onheil wat dreig nie. En kyk, ek is van plan om vir die Naam van die HERE my God 'n huis te bou soos die HERE met my vader Dawid gespreek en gesê het: Jou seun wat Ek in jou plek op jou troon sal sit, hy sal die huis vir my Naam bou. Gee dan nou bevel dat hulle vir my seders uit die Líbanon kap, en laat my dienaars saam met u dienaars wees, en die loon van u dienaars sal ek u gee net soos u sê; want u weet self dat onder ons niemand is wat verstaan om bome te kap soos die Sidoniërs nie. Net toe Hiram die woorde van Salomo hoor, was hy baie bly en sê: Geseënd is die HERE vandag wat vir Dawid 'n wyse seun gegee het oor hierdie groot volk. Daarop laat Hiram aan Salomo weet: Ek het gehoor wat u my laat weet het; ék sal doen alles wat u verlang insake die sederhout en die sipreshout. My dienaars sal dit van die Líbanon na die see afbring, en ék sal daar vlotte van maak op die see, tot by die plek wat u my sal laat weet, en ek sal dit daar uitmekaar laat neem; dan kan ú dit laat wegneem; en ú moet doen wat ek verlang deur voedsel aan my huis te lewer. So het Hiram dan aan Salomo sederhout en sipreshout gelewer, soveel as hy wou hê, terwyl Salomo aan Hiram gelewer het twintigduisend kor koring as voedsel vir sy huis en twintig kor uitgestampte olie; so het Salomo aan Hiram jaar vir jaar gelewer. En die HERE het aan Salomo wysheid gegee volgens sy belofte, en daar was vrede tussen Hiram en Salomo, en hulle twee het 'n verbond gesluit.

1 KONINGS 5:1-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

Koning Hiram van Tirus het ook gesante na Salomo toe gestuur toe hy hoor dat hulle hom tot koning gesalf het in die plek van sy pa, want Hiram was altyd baie geheg aan Dawid. Toe rig Salomo die volgende versoek aan Hiram: “Dit is aan u bekend dat Dawid, my pa, nie 'n tempel vir die Naam van die Here sy God kon bou nie, omdat hy so dikwels in oorlog betrokke was. Die Here het hom die oorwinning oor al sy vyande gegee en nou het die Here ook vir my aan alle kante rus gegee. Daar is nêrens enige teëstander of gevaar wat my bedreig nie. Daarom het ek nou besluit om 'n tempel vir die Naam van die Here my God te bou. Dit sal die vervulling wees van die Here se belofte aan my pa toe die Here gesê het: ‘Jou seun wat Ek in jou plek sal laat regeer, hý sal 'n tempel vir my Naam bou.’ My versoek is nou dat u vir my sederhout op die Libanon laat kap. My eie arbeiders sal saam met u arbeiders werk. Ek sal ook aan u die loon betaal wat u vir u arbeiders vasstel, want soos u weet, het ons nie mense wat die houtkappery ken soos die Sidoniërs nie.” Hiram was baie bly toe hy hierdie versoek van Salomo ontvang. Hy het uitgeroep: “Geloof sy die Here vandag, omdat Hy vir Dawid 'n wyse seun gegee het om koning te wees oor hierdie groot volk!” Hiram het toe vir Salomo geantwoord: “Ek het u bestelling ontvang. Ek sal al die seder- en sipreshout lewer wat u wil hê. My werkers sal dit van die Libanon af see toe bring. Daar sal ek dit in vlotte bind en na die afgesproke plek toe laat bring en weer losmaak. U kan dit daarvandaan verder vervoer. U moet dan aan my kos voorsien vir my huishouding soos ek dit nodig kry.” So het Hiram aan Salomo seder- en sipreshout gelewer, soveel as wat hy nodig gehad het, en Salomo het jaar vir jaar aan Hiram drie duisend drie honderd ton koring gelewer vir die onderhoud van sy huishouding, en ook vier duisend vier honderd liter van die suiwerste olyfolie. Die Here het aan Salomo wysheid gegee soos Hy belowe het. Daar was 'n goeie verhouding tussen Hiram en Salomo, en hulle het 'n verdrag gesluit.

1 KONINGS 5:1-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Hiram, die koning van Tirus, het sy amptenare na Salomo gestuur, want hy het gehoor dat hulle hom as koning gesalf het in die plek van sy vader. Hiram was immers altyd 'n vriend van Dawid. Salomo stuur toe aan Hiram 'n boodskap: “ U weet self dat my vader Dawid nie in staat was om 'n •tempel vir die Naam van die HERE sy God te bou nie, vanweë die oorlog wat sy vyande aan alle kante teen hom gevoer het, totdat die HERE hulle aan hom onderwerp het. Maar nou het die HERE my God vir my rus gegee aan alle kante. Daar is geen teenstander en geen dreigende onheil nie. Kyk, ek dink daaraan om 'n tempel vir die Naam van die HERE my God te bou, soos die HERE vir my vader Dawid gesê het, ‘Jou seun wat Ek in jou plek op jou troon sal plaas, dit is hy wat die tempel vir my Naam sal bou.’ Gee dan nou opdrag, sodat daar vir my seders gekap word in die Libanon. My dienaars sal u dienaars bystaan. Die loon vir u dienaars sal ek aan u gee, wat ook al u vra. U weet immers self dat daar niemand onder ons is wat weet hoe om bome te kap soos die Sidoniërs nie.” Toe Hiram Salomo se woorde hoor, was hy baie ingenome en het gesê: “Die HERE moet vandag geprys word, Hy wat vir Dawid 'n wyse seun gegee het oor hierdie groot volk.” Hiram stuur toe vir Salomo die volgende boodskap: “Ek het gehoor wat u my laat weet het. Van my kant af sal ek alles doen wat u verlang in verband met die sederhout en sipreshout. My dienaars sal dit vanaf die Libanon afbring na die see, dan sal ek daarvan vlotte maak op die see en dit neem tot by die plek waaroor u my sal inlig. Ek sal dit daar uitmekaar haal, dan kan u dit laat haal. U moet doen wat ek verwag deur voedsel aan my hofhouding te verskaf.” So het Hiram aan Salomo seder- en sipreshout verskaf, soveel as wat hy wou hê, en Salomo het vir Hiram twintigduisend kor koring gegee as voedselvoorraad vir sy hofhouding, asook twintig kor geparste olyfolie. Dit is hoeveel Salomo jaar vir jaar aan Hiram gelewer het. Dit was die HERE wat wysheid aan Salomo gegee het, net soos Hy hom beloof het. Daar was vrede tussen Hiram en Salomo, en hulle twee het 'n verdrag gesluit.

1 KONINGS 5:1-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

En Hiram, die koning van Tirus, het sy dienaars na Salomo gestuur; want hy het gehoor dat hulle hom in die kamer van sy vader as koning gesalf het, want Hiram was altyd 'n liefhebber van Dawid. En Salomo het na Hiram gestuur en gesê: U weet dat my vader Dawid nie 'n huis vir die Naam van die HERE sy God kon bou vir die oorloë wat rondom hom was nie, totdat die HERE dit onder sy voetsole gestel het. Maar nou het die HERE my God my rus gegee rondom, sodat daar geen teëstander of onheil is nie. En kyk, ek is van plan om 'n huis te bou vir die Naam van die HERE my God, soos die HERE met my vader Dawid gespreek het deur te sê: Jou seun wat Ek op jou troon in jou kamer sal sit, hy sal vir 'n huis bou my naam. Gee dan nou vir jou bevel dat hulle vir my sederbome uit die Líbanon kap; en my dienaars sal by u dienaars wees, en aan u sal ek loon vir u dienaars gee volgens alles wat u aanstel; want u weet dat daar niemand onder ons is wat kan bekwaam om hout te kap soos die Sidoniërs nie. En toe Hiram die woorde van Salomo hoor, was hy baie bly en sê: Geloofd sy vandag die HERE wat aan Dawid 'n wyse seun oor hierdie groot volk gegee het. En Hiram het Salomo gestuur om te sê: Ek het gelet op die dinge waarvoor jy my gestuur het, en ek sal alles doen wat jy begeer met betrekking tot sederhout en sipreshout. My dienaars sal hulle van die Líbanon af na die see afbring; en Ek sal hulle oor die see in drywers bring na die plek wat jy vir My sal aanwys, en Ek sal hulle daar laat uitvloei, en jy sal hulle aanneem; en jy sal my volbring en begeer, deur kos vir my huisgesin te gee. Toe het Hiram vir Salomo sederbome en sipresbome gegee volgens al sy begeertes. En Salomo het aan Hiram twintig duisend kor koring as voedsel aan sy huisgesin gegee en twintig kor suiwer olie; so het Salomo jaar na jaar aan Hiram gegee. En die HERE het aan Salomo wysheid gegee, soos Hy hom beloof het, en daar was vrede tussen Hiram en Salomo; en hulle twee het saam 'n bond gemaak.

1 KONINGS 5:1-12 Die Boodskap (DB)

Koning Hiram van Tirus was altyd ’n goeie en getroue vriend van Dawid. Toe hy hoor dat Salomo sy pa opgevolg het, het hy ’n groep ambassadeurs Jerusalem toe gestuur. Salomo het ’n boodskap van dank aan Hiram gestuur en ook die volgende vir hom gesê: “Soos u weet, het my pa altyd teen die omliggende volke oorlog gemaak. Omdat hy eers al hierdie volke moes oorwin, was dit nie vir hom moontlik om vir die Here sy God ’n tempel te bou nie. Met my gaan dit baie goed, want daar is oral vrede. Op die grense van die land is dit rustig; daar is geen gevaar van enige vyand nie. Die Here het lank gelede vir my pa gesê dat hy nie die tempel moet bou nie, maar dat sy opvolger dit sal doen. Ek het besluit om nou daarmee te begin. Ek wil die tempel bou sodat daar ’n plek kan wees waar ek die Here my God sal kan aanbid. Ek wil u vra om my te help. Stuur asseblief u manne na die Libanon om daar vir my seders te gaan kap. My manne sal dit hier verder saam met u manne bewerk. Soos u weet, kan my mense nie so goed bome kap soos u manne nie. Onthou, ek sal u mense betaal wat u ook al vra.” Hiram was baie bly oor Salomo se boodskap en het gesê: “Loof die Here vandag omdat hy Dawid so ’n slim seun gegee het. ’n Seun wat hom kon opvolg en die koning van ’n groot nasie kon word.” Hiram het nie gras onder sy voete laat groei nie en hy het Salomo geantwoord: “Dankie vir u boodskap. Ek is bereid om te help en sal u van seders en sipreshout voorsien. My manne sal die boomstompe van die Libanon af na die see toe sleep. Daar sal hulle dit aan mekaar vasmaak en die vlotte met die see langs laat afkom tot waar u dit wil hê. Daar sal my manne dit weer losmaak en u manne kan dan oorneem. U moet asseblief net genoeg kos aan my mense voorsien.” Hiram het Salomo al die seders en sipresse laat kry wat hy nodig gehad het. Salomo het op sy beurt elke jaar vir Hiram 2 000 ton koring en 4 400 liter suiwer olyfolie gestuur. Die Here was goed vir Salomo en het hom die nodige wysheid gegee om goed te regeer. Die verhouding tussen Salomo en Hiram was uitstekend en hulle het ’n vredesooreenkoms gesluit.

1 KONINGS 5:1-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Koning Hiram van Tirus was al die jare ’n getroue vriend van Dawid. Toe hy verneem dat Dawid se seun Salomo as koning van Israel gesalf is, het hy gesante gestuur om hom geluk te wens. Salomo het vir hom die volgende boodskap gestuur: “U weet dat my pa, Dawid, nie ’n tempel tot eer van die Naam van die HERE sy God kon bou nie omdat hy reg rondom oorloë moes voer totdat die HERE hom die oorhand gegee het. Maar nou het die HERE my God vir my aan alle kante vrede gegee. Daar is geen vyande of gevaar wat my bedreig nie. Daarom beplan ek om ’n tempel tot eer van die Naam van die HERE my God te bou. Dit is soos die HERE my pa belowe het toe Hy gesê het: ‘Jou seun wat Ek in jou plek op die troon sal sit, sal ’n tempel tot eer van my Naam bou.’ Nou versoek ek u dat u asseblief vir my seders op die Libanon sal laat afkap. Laat my arbeiders saam met u arbeiders werk. Ek sal vir u arbeiders betaal wat u vra. Soos u weet, kan niemand van ons mense bome kap soos die Sidoniërs kan nie!” Toe Hiram hierdie boodskap van Salomo kry, was hy baie in sy skik en het gesê: “Loof die HERE wat vir Dawid ’n wyse seun gegee het om koning te wees van die groot volk Israel.” Hy het die volgende antwoord aan Salomo gestuur: “Ek het u versoek ontvang en sal u voorsien van sowel sederhout as sipreshout soos u versoek het. My arbeiders sal die stompe van die Libanonberge na die see toe bring en dit in vlotte aanmekaarbind. Ons sal hulle dan al seelangs laat dryf tot by die plek wat u verkies. Ons sal daar die vlotte opbreek en die hout aan u oorhandig. U kan my dan betaal deur my met die kos te voorsien wat ek vir my huishouding nodig het.” Op dié manier het Hiram vir Salomo soveel seder- en sipreshout verskaf soos wat hy nodig gehad het. Salomo het jaarliks vir Hiram se hofhouding 3 300 ton koring en 4 400 liter suiwer olyfolie voorsien. Die HERE het aan Salomo wysheid gegee soos Hy belowe het. Daar was ’n goeie verhouding tussen Hiram en Salomo. Hulle het ook ’n vredesverdrag gesluit.