1 KONINGS 15:25-26
1 KONINGS 15:25-26 Bybel vir almal (ABA)
Nadab seun van Jerobeam het koning van Israel geword in die tweede jaar nadat Asa koning van Juda geword het. Nadab was twee jaar lank koning van Israel. Hy het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie. Sy pa Jerobeam het die mense van Israel sonde laat doen, en Nadab het dieselfde gedoen, hy het dieselfde sondes gedoen wat sy pa gedoen het.
1 KONINGS 15:25-26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN Nadab, die seun van Jeróbeam, het koning geword oor Israel in die tweede jaar van Asa, die koning van Juda, en hy het twee jaar oor Israel geregeer. En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, en gewandel in die weg van sy vader en in sy sonde waarmee hy Israel laat sondig het.
1 KONINGS 15:25-26 Afrikaans 1983 (AFR83)
In die tweede regeringsjaar van koning Asa van Juda het Nadab seun van Jerobeam koning geword oor Israel. Hy het twee jaar oor Israel geregeer. Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. Hy het die pad van sy pa geloop en dieselfde sonde gedoen as dié waarmee sy pa vir Israel laat sondig het.
1 KONINGS 15:25-26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Nadab, seun van Jerobeam, het koning geword oor Israel in die tweede regeringsjaar van Asa, koning van Juda. Hy het vir twee jaar as koning geheers oor Israel. Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die HERE. Hy het die pad van sy vader gevolg en het volhard met sy vader se sonde waarmee hy Israel laat sondig het.
1 KONINGS 15:25-26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Nadab, die seun van Jeróbeam, het oor Israel begin regeer in die tweede jaar van Asa, die koning van Juda, en twee jaar lank oor Israel geregeer. En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE en gewandel in die weg van sy vader en in sy sonde waarmee hy Israel laat sondig het.
1 KONINGS 15:25-26 Die Boodskap (DB)
In die tweede jaar van Asa van Juda se regering het Nadab koning van Israel geword. Nadab het net twee jaar regeer. Nadab het baie verkeerde dinge gedoen. Hy het sy pa se voorbeeld gevolg.
1 KONINGS 15:25-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Nadab seun van Jerobeam het in die tweede regeringsjaar van koning Asa in Juda koning oor Israel geword. Hy het twee jaar oor Israel regeer. Hy het gedoen wat verkeerd was vir die HERE. Hy het die voorbeeld van sy pa gevolg en Israel dieselfde sonde laat doen.