1 KRONIEKE 16:10-11
1 KRONIEKE 16:10-11 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet Hom prys, Hy is heilig. Almal wat die Here dien, moet wys dat hulle bly is. Julle moet die Here kom dien, Hy is sterk, julle moet altyd naby Hom wil bly.
1 KRONIEKE 16:10-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Beroem julle in sy heilige Naam; laat die hart van die wat die HERE soek, bly wees. Vra na die HERE en sy sterkte; soek sy aangesig altyddeur.
1 KRONIEKE 16:10-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Roem sy heilige Naam, laat dié wat die teenwoordigheid van die Here soek, bly wees. Soek hulp en beskerming by die Here, soek gedurig sy teenwoordigheid.
1 KRONIEKE 16:10-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Beroem julle in sy •heilige Naam; laat die harte van hulle wat die HERE opsoek, bly wees. Soek die HERE en sy krag, soek voortdurend sy teenwoordigheid op.
1 KRONIEKE 16:10-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Roem in sy heilige Naam; laat die hart van die wat die HERE soek, bly wees. Soek die HERE en sy sterkte, soek sy aangesig gedurigdeur.
1 KRONIEKE 16:10-11 Die Boodskap (DB)
Bring lof en eer aan die Here se heilige Naam. Wees bly, almal wat daarna smag om by die Here te wees. Vra vir die Here om heeltyd by julle te wees met sy groot krag. Moenie dat daar ’n dag verbygaan dat julle nie naby Hom is nie.