1 KRONIEKE 12:1-18
1 KRONIEKE 12:1-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit was die manne wat na Dawid gekom het in Siklag toe hy nog uitgesluit was uit die teenwoordigheid van Saul, seun van Kis. Hulle was onder die helde wat bystand verleen het in die oorlog. Gewapen met boë, kon hulle regs- of linkshandig gooi met 'n slingervel, of skiet met pyl en boog. Hulle was van die stamgenote van Saul uit Benjamin: Die hoof was Agiëser; dan Joas, seun van Semaä, uit Gibea; Jesiël en Pelet, seuns van Asmawet; Beraka en Jehu uit Anatot; Jismaja uit Gibeon, 'n held onder die dertig en in beheer van die dertig; Jeremia, Jagasiël, Joganan en Josabad uit Gedera; Elusai, Jerimot, Bealja, Semarja en Sefatja uit Garif; Elkana, Jissija, Asarel, Joëser en Jasobam, die Koragiete; Joëla en Sebadja, seuns van Jerogam, uit Gedor. Van die mense van Gad het oorgeloop na Dawid, na die bergvesting in die woestyn, dapper manne, krygsmanne gereed vir die geveg, toegerus met grootskild en steekspies. Hulle gesigsuitdrukkings was soos dié van leeus, en soos gaselle op die berge, so vinnig was hulle. Eser was die hoof, Obadja die tweede, Eliab die derde, Mismanna die vierde, Jeremia die vyfde, Attai die sesde, Eliël die sewende, Joganan die agtste, Elsabad die negende, Jeremia die tiende, Magbannai die elfde. Hierdie manne was uit die nageslag van Gad, leërhoofde; net een, die geringste, was die gelyke van 'n honderd, en die belangrikste, die gelyke van 'n duisend. Dit was hierdie manne wat die Jordaan oorgesteek het in die eerste maand, terwyl dit vol was tot oor al sy walle, en water al die valleie aan die ooste- en westekant versper het. Toe daar van die nageslag van Benjamin en Juda na die bergvesting, na Dawid, gekom het, het Dawid uitgegaan, voor hulle gaan staan en vir hulle gesê: “As julle in vrede na my gekom het om my te help, is ek dit met julle van harte eens. Maar as julle gekom het om my aan my teenstanders te verraai, terwyl daar nie geweld aan my handpalms kleef nie, mag die God van ons voorouers dit sien en straf.” Toe het 'n gees van Amasai, die hoof van die dertig, besit geneem, en hy het gesê: “Ons is vir u, Dawid, en saam met u, seun van Isai! Vrede, vrede vir u, en vrede vir die wat u help, want u God help u!” Dawid het hulle aanvaar en hulle as hoofde van die troepe aangestel.
1 KRONIEKE 12:1-18 Bybel vir almal (ABA)
Hier is die name van die manne wat na Dawid toe gekom het in Siklag. Dawid moes toe nog vlug vir Saul seun van Kis. Die manne was by die spesiale manne wat vir Dawid gehelp het wanneer hy oorlog gemaak het. Elke man het 'n pyl en boog gehad en elkeen kon met die regter-hand of met die linker-hand met 'n slingervel gooi en met 'n pyl en boog skiet. Hulle was soos Saul van die Benjamin-stam. Die leier was Agiëser. Joas seun van Semaä van die stad Gibea het ook na Dawid toe gekom, ook Jesiël en Pelet seuns van Asmawet, en ook Beraka en Jehu van die stad Anatot. Jismaja van die stad Gibeon was een van 30 spesiale manne en hy was hulle leier. Jeremia, Joganan en Josabad van die stad Gedera was ook daar, en ook Elusai, Jerimot, Bealja, Semarja, Sefatja van die stad Garif, Elkana, Jissija, Asarel, Joëser, Jasobam van die stad Korag, en Joëla en Sebadja seuns van Jerogam van die stad Gedor. Van die Gad-stam het daar ook manne na Dawid toe gekom. Dawid was toe in 'n veilige plek in die berge. Dit was spesiale manne wat goed oorlog kon maak, en elkeen het 'n groot skild en 'n spies gehad. Hulle was so kwaai soos leeus en so vinnig soos ribbokke in die berge. Hulle was elf manne. Eser was die leier en Obadja was die onderleier. Die ander manne was Eliab, Mismanna, Jeremia, Attai, Eliël, Joganan, Elsabad, Jeremia en Makbannai. Dit was die mense van die Gad-stam. Hulle was offisiere. Die kleinste van hierdie manne kon 100 manne oorwin, en die grootste man kon 1 000 manne oorwin. Dit is húlle wat deur die Jordaan-rivier gekom het in die eerste maand, toe die water van die rivier oor die walle gestroom het. Die water het al die mense in die valleie laat vlug, die mense wat langs die twee kante van die rivier gewoon het. Mense van die Benjamin-stam en die Juda-stam het gekom na die veilige plek in die berge waar Dawid weggekruip het. Dawid het uitgegaan na hulle toe en hy het vir hulle gesê: “As julle na my toe gekom het om my te help en as julle vrede wil hê, dan sal ek saam met julle veg. Maar as julle gekom het om te kyk waar ek is om dit vir my vyande te vertel, dan bid ek dat die God van my voorvaders dit sal sien en dat Hy julle sal straf, want ek het niks verkeerd gedoen nie.” Amasai was die leier van die 30 manne. Die Gees van die Here het in Amasai gekom en hy het gesê
1 KRONIEKE 12:1-18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN dit is hulle wat na Dawid na Siklag gekom het toe hy nog uit die teenwoordigheid van Saul, die seun van Kis, verban was; hulle was ook onder die helde wat gehelp het in die oorlog, gewapend met die boog, wat regter- en linkerhand kon gebruik met slingerstene en met pyl en boog; hulle was uit die broers van Saul uit Benjamin: Ahiëser, die hoof, en Joas, seuns van Semáä, die Gibeatiet; en Jésiël en Pelet, seuns van Asmáwet; en Béraga en Jehu, uit Ánatot; en Jismája, die Gibeoniet, 'n held onder die dertig en hoof oor die dertig; en Jeremia en Jahásiël en Jóhanan en Jósabad, uit Gedéra; Elehúsai en Jérimot en Beálja en Semárja en Sefátja, uit Harif; Élkana en Jissía en Asáreël en Joëser en Jasóbeam, die Koragiete; en Joëla en Sebádja, die seuns van Jeróham, uit Gedor. Ook van die Gadiete het hulle afgeskei na Dawid, na die bergvesting in die woestyn, dapper manne, krygsmanne in die oorlog, toegerus met skild en spies, en hulle gesigte was leeugesigte en hulle was vinnig soos gemsbokke op die berge: Eser, die hoof, Obádja, die tweede, Elíab, die derde; Masmánna, die vierde, Jeremia, die vyfde; Áttai, die sesde, Éliël, die sewende; Jóhanan, die agtste, Élsabad, die negende; Jeremia, die tiende, Magbánnai, die elfde. Hulle was uit die seuns van Gad, hoofde oor die leër; een teen honderd, die kleinste; en die grootste, een teen duisend. Dit is hulle wat deur die Jordaan gegaan het in die eerste maand terwyl hy vol was oor al sy walle; en hulle het al die bewoners van die laagtes verjaag teen die ooste en teen die weste. En toe daar uit die seuns van Benjamin en Juda na die bergvesting na Dawid kom, het Dawid uitgegaan hulle tegemoet en gespreek en vir hulle gesê: As julle met vrede na my kom om my te help, sal ek my van harte met julle verenig; maar as dit is om my aan my teëstanders te verraai, ofskoon daar geen onreg in my hande is nie — mag die God van ons vaders dit dan sien en straf! Toe het die Gees Amásai, die hoof van die dertig, vervul, en hy het gesê: Vír u, Dawid, en mét u, seun van Ísai, is ons. Vrede, vrede vir u, en vrede vir die wat u help, want u God help u! Daarop het Dawid hulle opgeneem en hulle aangestel as hoofde van die bende.
1 KRONIEKE 12:1-18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die volgende manne het al in Siklag by Dawid aangesluit toe hy nog verban was deur Saul seun van Kis. Hulle het tot Dawid se groep dapper manne behoort en was sy strydmakkers in die oorlog. Hulle was bewapen met pyl en boog en kon ewe goed met die regter- as met die linkerhand slingervel gooi en boog skiet. Hulle was van Saul se stamgenote uit Benjamin. Die leier was Agiëser; verder was daar Joas seun van Semaä uit Gibea; Jesiël en Pelet, seuns van Asmawet; Beraka, Jehu uit Anatot, Jismaja uit Gibeon, 'n held onder die dertig helde en selfs beter as hulle; Jeremia, Jagasiël, Joganan, Josabad uit Gedera, Elusai, Jerimot, Bealja, Semarja, Sefatja uit Garif; Elkana, Jissija, Asarel, Joëser en Jasobam uit Korag; Joëla en Sebadja, seuns van Jerogam, uit Gedor. Daar het ook van die Gadiete oorgeloop na Dawid toe, na sy bergskuiling toe in die woestyn. Hulle was helde, krygsmanne, reg vir oorlog, bewapen met 'n groot skild en 'n spies, vreesaanjaend soos leeus en so vinnig soos wildsbokke op die berge. Eser was die hoof, Obadja tweede in rang, Eliab derde, Mismanna vierde, Jeremia vyfde, Attai sesde, Eliël sewende, Joganan agste, Elsabad negende, Jeremia tiende, Makbannai elfde. Hulle was van die mense uit Gad, hoofmanne van die leër; die kleinste van hulle kon man-alleen staan teen honderd, die grootste teen duisend. Dit was hulle wat in die reëntyd die Jordaan oorgesteek het toe hy vol was tot oor altwee sy walle en al die laagtes oos en wes volgestoot het. Toe daar van die Benjaminiete en Judeërs na Dawid toe gekom het in die bergskuiling, het hy na hulle toe uitgekom en geroep: “As julle in vrede na my toe gekom het om my te help, is ons bondgenote en is ek bereid om julle leier te wees, maar as julle gekom het om my aan my vyande te verraai, terwyl ek geen misdaad begaan het nie, mag die God van ons voorvaders dit dan raaksien en julle straf.” Daarna het die Gees vir Amasai, die leier van die dertig, in besit geneem, en hy het gesê
1 KRONIEKE 12:1-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit was die manne wat na Dawid gekom het in Siklag toe hy nog uitgesluit was uit die teenwoordigheid van Saul, seun van Kis. Hulle was onder die helde wat bystand verleen het in die oorlog. Gewapen met boë, kon hulle regs- of linkshandig gooi met 'n slingervel, of skiet met pyl en boog. Hulle was van die stamgenote van Saul uit Benjamin: Die hoof was Agiëser; dan Joas, seun van Semaä, uit Gibea; Jesiël en Pelet, seuns van Asmawet; Beraka en Jehu uit Anatot; Jismaja uit Gibeon, 'n held onder die dertig en in beheer van die dertig; Jeremia, Jagasiël, Joganan en Josabad uit Gedera; Elusai, Jerimot, Bealja, Semarja en Sefatja uit Garif; Elkana, Jissija, Asarel, Joëser en Jasobam, die Koragiete; Joëla en Sebadja, seuns van Jerogam, uit Gedor. Van die mense van Gad het oorgeloop na Dawid, na die bergvesting in die woestyn, dapper manne, krygsmanne gereed vir die geveg, toegerus met grootskild en steekspies. Hulle gesigsuitdrukkings was soos dié van leeus, en soos gaselle op die berge, so vinnig was hulle. Eser was die hoof, Obadja die tweede, Eliab die derde, Mismanna die vierde, Jeremia die vyfde, Attai die sesde, Eliël die sewende, Joganan die agtste, Elsabad die negende, Jeremia die tiende, Magbannai die elfde. Hierdie manne was uit die nageslag van Gad, leërhoofde; net een, die geringste, was die gelyke van 'n honderd, en die belangrikste, die gelyke van 'n duisend. Dit was hierdie manne wat die Jordaan oorgesteek het in die eerste maand, terwyl dit vol was tot oor al sy walle, en water al die valleie aan die ooste- en westekant versper het. Toe daar van die nageslag van Benjamin en Juda na die bergvesting, na Dawid, gekom het, het Dawid uitgegaan, voor hulle gaan staan en vir hulle gesê: “As julle in vrede na my gekom het om my te help, is ek dit met julle van harte eens. Maar as julle gekom het om my aan my teenstanders te verraai, terwyl daar nie geweld aan my handpalms kleef nie, mag die God van ons voorouers dit sien en straf.” Toe het 'n gees van Amasai, die hoof van die dertig, besit geneem, en hy het gesê: “Ons is vir u, Dawid, en saam met u, seun van Isai! Vrede, vrede vir u, en vrede vir die wat u help, want u God help u!” Dawid het hulle aanvaar en hulle as hoofde van die troepe aangestel.
1 KRONIEKE 12:1-18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dit is hulle wat na Dawid in Siklag gekom het, terwyl hy hom nog naby gehou het vanweë Saul, die seun van Kis; en hulle was onder die helde, helpers van die oorlog. Hulle was gewapen met boog en kon die regter- en die linkerhand gebruik om klippe te gooi en pyle uit die boog te skiet, selfs van Saul se broers van Benjamin. Die hoof was Ahiëser, daarna Joas, die seuns van Semaa, die Gibeatiet; en Jesiël en Pelet, die seuns van Asmáwet; en Beraga en Jehu, die Antotiet, En Ismaja, die Gibeoniet, 'n held onder die dertig en oor die dertig; en Jeremia en Jagasiël en Johanan en Josabad, die Gederatiet, Eluzai en Jerimot en Bealja en Semarja en Sefatja, die Harufiet, Elkana en Jesia en Asareel en Joëser en Jasobam, die Korgiete, en Joëla en Sebadja, die seuns van Jeróham uit Gedor. En van die Gadiete het hulle vir Dawid afgesonder in die bergruim na die woestyn manne van magtiges en krygsmanne wat geskik was vir die geveg, wat skild en skild kon hanteer, wie se gesigte soos die gesigte van leeus was en so vinnig soos die gemsbok op die berge; Eser die eerste, Obadja die tweede, Eliab die derde, Mismanna die vierde, Jeremia die vyfde, Attai die sesde, Eliël die sewende, Johanan die agtste, Elsabad die negende, Jeremia die tiende, Magbanai die elfde. Dit was uit die seuns van Gad, leërowerstes: een van die geringstes was meer as honderd en die grootste meer as duisend. Dit is hulle wat deur die Jordaan getrek het in die eerste maand toe dit al sy walle oorgeloop het; en hulle het al die valleie op die vlug geslaan, teen die ooste sowel as na die weste. En daar het van die kinders van Benjamin en Juda na die bergplek by Dawid aangekom. En Dawid het uitgegaan hulle tegemoet en geantwoord en vir hulle gesê: As julle in vrede na my toe kom om my te help, sal my hart met julle verbind word; maar as julle kom om my aan my vyande te verraai, aangesien daar geen verkeerd is in my hande, die God van ons vaders kyk daarna en bestraf dit. Toe kom die gees oor Amasai, wat die owerste van die owerstes was, en hy sê: Aan jou is ons, Dawid, en aan jou kant, seun van Isai; vrede, vrede vir jou en vrede vir jou helpers; want jou God help jou. Toe het Dawid hulle ontvang en hulle aangestel as owerstes van die bende.
1 KRONIEKE 12:1-18 Die Boodskap (DB)
Die volgende manne het in Siklag reeds by Dawid aangesluit. Hy was toe nog voortvlugtend en het weggekruip vir Saul, die seun van Kis. Hulle was dapper manne wat saam met Dawid geveg het. Hulle was uitgelese boogskutters, wat ’n pyl en boog én ’n slingervel ewe vaardig met die linker- of die regterhand kon hanteer. Van Saul se stamgenote uit Benjamin: Agiëser, die leier, en Joas, Semaä se seuns uit Gibea; Jesiël en Pelet, Asmawet se seuns; Beraka en Jehu uit Anatot, Jismaja uit Gibeon, ’n dapper vegter en leier onder die Dertigtal; Jeremia, Jagasiël, Joganan en Josabad uit Gedera; Elusai, Jerimot, Bealja, Semarja en Sefatja uit Garif; Elkana, Jissija, Asarel, Joëser en Jasobam uit Korag; Joëla en Sebadja, Jerogam se seuns uit Gedor. Uit die stam van Gad het daar ook dapper soldate na Dawid toe oorgeloop. Hy was toe nog in sy vesting in die wildernis. Hulle was goed toegerus om met skild en spies te veg, so vreesloos soos leeus en so vinnig soos bokke in die berge. Eser was die leier, Obadja was tweede in bevel en Eliab derde, Mismanna vierde, Jeremia vyfde, Attai sesde, Eliël sewende, Joganan agtste, Elsabad negende, Jeremia tiende, Makbannai elfde. Hierdie soldate uit Gad was leërbevelvoerders; die swakste een van hulle sou hom kon handhaaf teen 100 soldate, die sterkste teen 1 000. Dit was hulle wat die Jordaanrivier in die reëntyd, toe dit in vloed was, oorgesteek het. Hulle het toe die mense verjaag wat weerskante van die rivier gebly het. Toe daar soldate uit Benjamin en Juda aangekom het om by Dawid in sy vesting aan te sluit, het hy vir hulle gesê: “As julle in vrede gekom het om my te help, sal julle in my ’n vriend hê. Maar as julle hier is om my aan my vyande te verraai terwyl ek onskuldig is, mag die God van ons voorouers dit raaksien en julle straf.” Amasai, ’n leier in die Dertigtal, is deur die Gees in besit geneem en hy het gesê: “Ons is vír u, Dawid! Ons is aan u kant, seun van Isai! Vrede! Vrede vir u! Vrede ook vir dié wat u help, want u God help u!” Dawid het hulle toe aanvaar en as offisiere in sy leër aangestel.
1 KRONIEKE 12:1-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die volgende manne het by Dawid in Siklag aangesluit terwyl hy nog vir Saul, seun van Kis, weggekruip het. Hulle was tussen die soldate wat langs Dawid in die oorlog geveg het. Hulle was almal vaardige boogskutters, wat ewe goed met die regter- en linkerhand slingerstene kon gooi en met pyl en boog kon skiet. Hulle was almal familie van Saul uit die stam van Benjamin. Hulle leier was Agiëser, seun van Semaä van Gibea. Sy broer Joas was tweede in bevel. Die ander soldate was: Jesiël en Pelet, seuns van Asmawet; Beraka en Jehu van Anatot; Jismaja van Gibeon, ’n bekende soldaat en leier oor die Dertig; Jeremia, Jagasiël, Joganan en Josabad van Gedera; Elusai, Jerimot, Bealja, Semarja en Sefatja van Garif; Elkana, Jissija, Asarel, Joëser en Jasobam, wat Koragiete was; Joëla en Sebadja, seuns van Jerogam van Gedor. Sommige van die dapper en ervare soldate van die stam van Gad het ook na Dawid oorgeloop terwyl hy in die bergvesting in die wildernis gebly het. Hulle was ervare met skild en spies, so sterk soos leeus en so vinnig soos bokke op die berge. Eser was hulle leier. Obadja was tweede in bevel. Eliab was derde. Mismanna was vierde. Jeremia was vyfde. Attai was sesde. Eliël was sewende. Joganan was agtste. Elsabad was negende. Jeremia was tiende. Makbannai was elfde. Hierdie soldate uit Gad was aanvoerders van die leër. Die swakste onder hulle was opgewasse teen 100 soldate, en die sterkste teen 1 000 van hulle. Hulle het oor die Jordaan gegaan terwyl dit aan die begin van die jaar in vloed was en het al die bewoners verjaag wat in die laagtes aan die oostelike en westelike oewers gewoon het. Ander van Benjamin en Juda het ook na Dawid in die bergvesting gekom. Dawid het uitgegaan om hulle te ontmoet, en vir hulle gesê: “As julle in vrede gekom het om my te help, is ons vriende. Maar as julle gekom het om my aan my vyande te verraai terwyl ek onskuldig is, mag die God van ons voorouers dit sien en tussen ons oordeel!” Die Gees het toe oor Amasai gekom. Hy het later ’n leier oor die Dertig geword. Hy het gesê: “Ons is joune, Dawid! Ons is aan jou kant, seun van Isai. Mag vrede en voorspoed by jou wees, en sukses vir almal wat jou help. Want jou God is die Een wat jou help!” Dawid het hulle toe by hom laat aansluit, en hy het hulle offisiere van sy soldate gemaak.