“Ek behoort aan die man wat ek liefhet en dit is na my dat hy smag. Kom, man wat ek liefhet, kom ons gaan veld toe, kom ons gaan slaap in die dorpies; ons gaan vroeg smôrens na die wingerde toe, ons gaan kyk of die wingerdstokke bot, of die botsels oop is en die granaatbome bloei. Daar sal ek my liefde vir jou gee. “Die liefdesappels versprei hulle geur; daar is allerlei keurige vrugte by ons deur, vars en oud; ek het hulle vir jou gebêre, man wat ek liefhet.
Lees HOOGLIED 7
Deel
Vergelyk alle weergawes: HOOGLIED 7:10-13
9 dae
Hooglied is 'n liefdesliedjie wat liefde, begeerte en huwelik vier met 'n breë vergelyking met hoe God ons eerste liefgehad het. Reis daagliks deur Hooglied terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's