RUT 4:17-22

RUT 4:17-22 AFR83

Haar buurvroue het die seuntjie toe 'n naam gegee. Hulle het hom Obed genoem en gesê: “'n Seun is vir Naomi gebore.” Obed was die voorvader van Dawid. Hier is nou die geslagsregister van Peres: Peres was die vader van Gesron, Gesron van Ram, Ram van Amminadab, Amminadab van Nagson, Nagson van Salmon, Salmon van Boas, Boas van Obed, Obed van Isai, en Isai was die vader van Dawid.