Rut 4:17-22

Rut 4:17-22 AFR20

Die buurvroue het vir hom 'n naam gegee. Hulle het gesê: “'n Seun is vir Naomi gebore”, en hom toe Obed genoem. Obed was die vader van Isai, en Isai die vader van Dawid. Hier volg die geslagsregister van Peres: Peres het Gesron verwek Gesron het Ram verwek Ram het Amminadab verwek Amminadab het Nagson verwek Nagson het Salmon verwek Salmon het Boas verwek Boas het Obed verwek Obed het Isai verwek Isai het Dawid verwek.