PSALMS 90:12-17

PSALMS 90:12-17 AFR83

Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom. Hoe lank nog, Here, voordat U ons te hulp kom? Ontferm U tog oor ons. Skenk ons elke dag u liefde in oorvloed, dat ons ons lewe lank mag juig en bly wees. Soveel dae as dié waarin U ons verdruk het, soveel jare as dié waarin ons gely het, gee ons soveel jare van blydskap. Laat u werk vir ons duidelik word en u grootheid vir ons kinders. Laat ons die goedheid van die Here ons God belewe: hou die werk van ons hande in stand, ja, die werk van ons hande, hou dit in stand.