PSALMS 86:11-17

PSALMS 86:11-17 AFR83

Leer my u pad, Here, ek wil wandel in u waarheid; leer my U met toewyding dien. Met my hele hart sal ek U prys, Here my God, u Naam altyd eer, want u liefde vir my was groot: uit die dieptes van die dood het U my gered. Dit is hovaardige mense wat my aanval, o God, 'n bende geweldenaars wat my wil doodmaak, mense wat met U nie rekening hou nie. U, Here, is 'n barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou. Sien my, u dienaar van my geboorte af, in genade aan, gee U my tog krag en red my. Maak my 'n voorbeeld van u goedheid, sodat dié wat my haat, verleë sal moet toesien dat U, Here, my help en vir my uitkoms gee.