Psalms 86:11-17

Psalms 86:11-17 DB

Help my om te doen wat U wil hê, Here. Ek sal doen wat U van my vra. Maak my gehoorsaam sodat ek u Naam kan eer en U dien. Here, U is my God. Ek wil U met alles in my prys. U Naam wil ek altyd grootmaak. Ja, U het my baie lief. U het my uit my grootste krisis gered. U het my van die dood af weggehou. Slegte mense het my lewe bedreig. ’n Klomp wrede skurke wou my doodmaak. Hulle maak asof U nie bestaan nie. Here, U het ’n sagte hart. U gee maklik goeie dinge aan ons. En U het baie geduld met ons. U is vol goedheid. U het almal baie lief wat aan U behoort. En U is getrou aan hulle. Help my, Here! Maak u hart vir my oop. Gee my krag. Red my. Ek dien U mos. Ek is deel van ’n familie wat U dien. Mense moet aan my lewe kan sien dat U regtig vir u kinders omgee. As mense wat my haat, sien hoe U my help, sal hulle baie skaam word. Hulle moet sien hoe U al my trane afdroog en my help.