PSALMS 85:8-12

PSALMS 85:8-12 AFR83

Laat ons u troue liefde belewe, skenk ons u reddende hulp, Here. Ek wil luister na wat God die Here sê, want sy woord bring vrede vir sy volk, vir dié wat Hom getrou dien. Hulle moet net nie weer afdwaal nie. Waarlik, uitkoms is naby vir dié wat Hom dien: Hy sal sy reddende mag in ons land openbaar. Liefde en trou sal mekaar ontmoet, geregtigheid en vrede sal mekaar omhels; trou sal uit die aarde uit opspruit, geregtigheid sal uit die hemel uit afkom.

Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 85:8-12