PSALMS 78:65-72

PSALMS 78:65-72 AFR83

Daarna het die Here weer ingegryp. Dit was asof Hy geslaap het, soos iemand wat in 'n roes was en nou wakker geword het. Hy het sy vyande teruggedryf en hulle vir altyd 'n eerlose neerlaag laat ly. Hy het die geslag van Josef verwerp en teen die stam Efraim gekies. Hy het die stam Juda verkies, Sionsberg wat Hy liefhet. Hy het sy heiligdom hemelhoog gebou en dit soos die aarde vir altyd vas laat staan. Hy het Dawid as sy dienaar gekies en hom van die skaapkrale af weggeneem. Agter die lammerooie het Hy hom weggehaal om sy volk Jakob, sy eiendom Israel, te versorg. Dawid het die volk met toewyding versorg en hulle met oorleg gelei.