PSALMS 68:19-23

PSALMS 68:19-23 AFR83

U het krygsgevangenes weggevoer, mense het vir U geskenke gebring, selfs dié wat teen U in opstand was. Toe het U opgegaan na die hoogte om daar te woon, Here God! Geloof sy die Here! Dag na dag dra Hy ons! God is ons hulp! Sela God is vir ons die God wat ons red, die Here ons God deur wie ons bewaar word in doodsgevaar. God verpletter die kop van sy vyande, die kop van dié wat in hulle sonde volhard. Die Here het gesê: “Uit Basan bring Ek my vyande, Ek bring hulle uit die dieptes van die see.

Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 68:19-23