PSALMS 68:15-18

PSALMS 68:15-18 AFR83

Dit het gesneeu op Salmonsberg toe die Almagtige die konings daar uitmekaargejaag het. Basansberg, ontsaglike berg, Basansberg, berg met hoë kruine, waarom, berg met jou hoë kruine, kyk jy met afguns na die berg wat God as sy woning verkies het, waar die Here vir ewig woon? Die skitterende strydwaens van God was duisende, duisende der duisende, toe die Here van Sinai af die heiligdom betree het.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid