Psalms 68:15-18

Psalms 68:15-18 AFR20

Wanneer die Almagtige die konings in die land uitmekaar jaag, sneeu dit op die berg Salmon. Massiewe bergreeks, bergrug van Basan, bergreeks met pieke, bergrug van Basan, waarom kyk julle met afguns, bergreekse met pieke, na die berg wat God gekies het as sy woonplek? Dit is ook waar die HERE vir altyd sal woon. Die strydwamag van God is tienduisende, duisende der duisende. My Heer het van Sinai af by die heiligdom aangekom.

Video for Psalms 68:15-18