PSALMS 66:16-20

PSALMS 66:16-20 AFR83

Kom luister, alle dienaars van God, ek wil vertel wat Hy vir my gedoen het: Skaars het ek na Hom geroep, of daar was reeds 'n loflied op my lippe. As daar sonde in my hart was, sou die Here nie geluister het nie. Maar God hét geluister, Hy hét my gebed verhoor! Die lof kom God toe wat my gebed nie afgewys en sy trou nie van my weerhou het nie.

Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 66:16-20