Psalms 66:16-20

Psalms 66:16-20 DB

Julle wat God dien, kom luister na wat ek wil sê! Ek wil vertel wat Hy alles in my lewe gedoen het. Ek het nog maar net die Here gevra om my te help toe ek in die moeilikheid was. Toe het ek al klaar ’n loflied begin sing. Daar was nie verkeerde dinge in my hart nie. Anders sou die Here nie geluister het nie. God het my gehelp. Skaars het ek Hom om hulp gevra, toe help Hy my. God moet geprys word. Hy het my nie geïgnoreer nie. Hy was getrou aan my.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Psalms 66:16-20