PSALMS 61:1-8

PSALMS 61:1-8 AFR83

Vir die koorleier: met snarespel. Van Dawid. Hoor tog my hulpgeroep, o God, slaan tog ag op my gebed. Ver uit die vreemde uit, in wanhoop, roep ek na U. Bring my op 'n rots waar ek veilig sal wees. U is vir my 'n toevlug, 'n sterk vesting buite bereik van die vyand. Laat my by U 'n blywende tuiste vind. Laat my skuil onder u vleuels. Sela U, o God, hoor my geloftes, U vervul die wens van hulle wat u Naam eer. Laat die koning lank lewe, laat sy lewensjare oor geslagte strek. Mag hy sy lewe lank regeer voor God, mag u liefde en trou hom bewaar!

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid