Psalms 61:1-8

Psalms 61:1-8 AFR20

Vir die •musiekleier. Met snarespel. Van Dawid. Hoor my klaagroep, o God, luister aandagtig na my gebed. Van die einde van die aarde roep ek na U, wanneer my moed my begewe. Lei my na 'n rots wat vir my te hoog is; want U is vir my 'n skuilplek, 'n versterkte toring teen die vyand. Ek wil vir altyd in u tent vertoef, ek wil skuil onder die beskutting van u vlerke. •Sela U is immers die Een wat luister na my geloftes, o God; U gee 'n erfdeel aan hulle wat vir u Naam ontsag het. Vermeerder tog die dae van die koning se lewe, mag sy lewensjare geslagte lank duur, mag hy altyd voor God regeer. Voorsien toewyding en waarheid, laat dit oor hom wag hou!

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid