PSALMS 30:8-12

PSALMS 30:8-12 AFR83

Deur u goedheid het U my op 'n veilige berg laat staan, Here. Maar toe U U aan my onttrek het, het ek baie bang geword. Ek het na U geroep, Here. Ek het U om genade gesmeek: “Watter voordeel is daar in my ondergang as ek die graf moet ingaan? Kan stof U loof? Kan dit u trou verkondig? Luister, Here, en wees my genadig! Help my, Here!” Ek was in die rou, maar U het my van vreugde laat dans. U het my rouklere uitgetrek en vir my feesklere aangetrek.

Video vir PSALMS 30:8-12

Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 30:8-12