PSALMS 147:7-11

PSALMS 147:7-11 AFR83

Sing vir die Here 'n danklied, sing tot eer van ons God met begeleiding van die lier. Hy oordek die hemel met wolke, Hy voorsien reën vir die aarde en laat gras op die bergland uitspruit. Hy gee aan die diere hulle weiding en versorg die jong kraaie wat om kos skreeu. Die Here het niks aan die krag van 'n perd of die liggaamskrag van 'n soldaat nie, maar Hy stel prys op dié wat Hom dien, dié wat hulle hoop vestig op sy trou.