PSALMS 147:7-11
PSALMS 147:7-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Sing vir die HERE 'n danklied; besing ons God met begeleiding van liere, vir Hom wat die hemel bedek met wolke, wat vir die aarde reën gereedmaak, gras op die berge laat groei, wat vir die diere hulle kos gee, vir die jong kraaie wat krys. Dit is nie die krag van 'n perd, waaroor Hy Hom verheug nie, nie die bene van 'n man, waarin Hy vreugde vind nie. Die HERE vind vreugde in hulle wat vir Hom ontsag het, wat hulle hoop vestig op sy troue liefde.
PSALMS 147:7-11 Die Boodskap (DB)
Kom sing ’n lied om vir die Here dankie te sê. Sing vir ons God ’n lied met musiekinstrumente. Dit is Hy wat die wolke in die hemel laat opsteek. Hy bring die reën en laat die gras op die berge groei. Hy gee weiding aan die diere en kos vir die jong kraaie as hulle honger is. Die prestasies van ’n mens en die krag van ’n dier maak nie indruk op die Here nie. Die krag van bomme, die prestasies van geleerdes of die geheue van die slimmes beïndruk die Here nie. Wat Hy wil hê, is dat mense Hom moet dien en aanbid. Dit is dié mense wat weet dat die Here hulle baie liefhet.
PSALMS 147:7-11 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet sing en vir die Here dankie sê, julle moet vir ons God musiek maak op die lier. Dit is Hy wat die lug met wolke toemaak, Hy wat die reën vir die aarde gereedmaak, Hy wat die gras op die berge laat groei. Dit is Hy wat vir die diere hulle kos gee, en ook vir die kraaie se kuikens wanneer hulle skree. Sterk perde of vinnige manne is nie belangrik vir die Here nie, maar Hy hou van mense wat Hom dien, mense wat glo dat Hy sal doen wat Hy belowe het.
PSALMS 147:7-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Sing 'n danklied tot eer van die HERE, psalmsing tot eer van onse God met die siter; wat die hemel met wolke oordek, wat vir die aarde reën berei, wat op die berge gras laat uitspruit, wat aan die vee hulle voedsel gee, aan die jong rawe as hulle roep. Hy het geen welbehae in die krag van die perd, geen welgevalle in die bene van die man nie. Die HERE het 'n welgevalle in die wat Hom vrees, wat op sy goedertierenheid hoop.
PSALMS 147:7-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Sing vir die Here 'n danklied, sing tot eer van ons God met begeleiding van die lier. Hy oordek die hemel met wolke, Hy voorsien reën vir die aarde en laat gras op die bergland uitspruit. Hy gee aan die diere hulle weiding en versorg die jong kraaie wat om kos skreeu. Die Here het niks aan die krag van 'n perd of die liggaamskrag van 'n soldaat nie, maar Hy stel prys op dié wat Hom dien, dié wat hulle hoop vestig op sy trou.
PSALMS 147:7-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Sing vir die HERE 'n danklied; besing ons God met begeleiding van liere, vir Hom wat die hemel bedek met wolke, wat vir die aarde reën gereedmaak, gras op die berge laat groei, wat vir die diere hulle kos gee, vir die jong kraaie wat krys. Dit is nie die krag van 'n perd, waaroor Hy Hom verheug nie, nie die bene van 'n man, waarin Hy vreugde vind nie. Die HERE vind vreugde in hulle wat vir Hom ontsag het, wat hulle hoop vestig op sy troue liefde.
PSALMS 147:7-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Sing tot eer van die HERE met danksegging; sing tot eer van onse God op die siter. Wat die hemel met wolke bedek, wat reën vir die aarde berei, wat gras op die berge laat groei. Hy gee aan die dier sy voedsel en aan die jong kraaie wat huil. Hy het geen behae in die krag van die perd nie; hy het geen behae in die bene van 'n man nie. Die HERE het 'n welbehae in die wat Hom vrees, in die wat op sy goedertierenheid hoop.
PSALMS 147:7-11 Die Boodskap (DB)
Kom sing ’n lied om vir die Here dankie te sê. Sing vir ons God ’n lied met musiekinstrumente. Dit is Hy wat die wolke in die hemel laat opsteek. Hy bring die reën en laat die gras op die berge groei. Hy gee weiding aan die diere en kos vir die jong kraaie as hulle honger is. Die prestasies van ’n mens en die krag van ’n dier maak nie indruk op die Here nie. Die krag van bomme, die prestasies van geleerdes of die geheue van die slimmes beïndruk die Here nie. Wat Hy wil hê, is dat mense Hom moet dien en aanbid. Dit is dié mense wat weet dat die Here hulle baie liefhet.
PSALMS 147:7-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Sing ’n danklied aan die HERE; sing lofliedere vir ons God met begeleiding van die harp. Hy oordek die hemel met wolke, Hy verskaf reën vir die aarde en laat gras groei op die berghellings. Hy voed die wilde diere, en die jong kraaie wat skree vir kos. Die krag van ’n oorlogsperd beïndruk Hom nie; met die ratsheid van ’n krygsman neem Hy nie genoeë nie. Die HERE verheug Hom in hulle wat Hom dien, in dié wat hulle hoop vestig op sy troue liefde.