PSALMS 143:4-10

PSALMS 143:4-10 AFR83

Ek het alle moed verloor, ek is verslae. Ek dink aan die verre verlede, ek peins oor alles wat U gedoen het en oor die werk van u hande dink ek na. Ek strek my hande uit in gebed na U toe, ek is voor U soos 'n uitgedorde land. Sela Antwoord my tog gou, Here, ek is heeltemal gedaan. Moet tog nie van my af wegkyk dat ek word soos dié wat sterwe nie. Laat my elke môre u liefde ondervind, want in U stel ek my vertroue. Wys my die pad wat ek moet loop, want my hoop is op U gevestig. Red my van my vyande, Here, want by U skuil ek. Leer my om u wil te doen, want U is my God! Laat u goeie Gees my op 'n gelyk pad lei.

Video for PSALMS 143:4-10

Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 143:4-10