PSALMS 143:4-10

PSALMS 143:4-10 NLV

Ek het moed verloor; ek is stomgeslaan. Ek dink aan die dae, lank gelede. Ek peins oor al u dade, ek oordink die werke van u hande. Ek strek my hande uit na U. Ek dors na U soos ’n verdorde land. Sela Antwoord my tog gou, HERE, want ek het moed verloor. Moenie U vir my verberg nie, anders word ek soos dié wat sterf. Laat ek in die oggend hoor van u onfeilbare liefde, want ek vertrou op U. Wys my die pad waarop ek moet loop, want tot U rig ek my gebed. Bevry my van my vyande, HERE, want ek skuil by U. Leer my om u wil te doen, want U is my God. Laat u goeie Gees my lei op ’n pad wat gelyk is.

Video for PSALMS 143:4-10

Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 143:4-10