Toe het Hy sy volk uitgelei, belaai met silwer en goud. In geeneen van die stamme het iemand uitgesak nie. Die Egiptenaars was bly dat hulle vertrek het, want hulle was skrikbevange oor die Israeliete. Die Here het 'n wolk uitgesprei as beskutting oor hulle en 'n vuur gegee om lig te maak in die nag. Toe hulle kos vra, het Hy kwartels laat kom en sy volk met brood uit die hemel versadig. Hy het 'n rots oopgebreek en daar het water uitgestroom wat soos 'n rivier deur die dorre gebied gevloei het. Ja, Hy het sy heilige belofte aan sy dienaar Abraham gestand gedoen en sy volk juigend, sy uitverkorenes jubelend laat voorttrek. Vir hulle het Hy die heidene se lande gegee; wat deur ander volke met moeite verkry is, het hulle in besit geneem. Daarom moet hulle sy voorskrifte gehoorsaam en sy wil doen. Prys die Here!
Lees PSALMS 105
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: PSALMS 105:37-45
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's