Toe het Hy Israel uit Egipte uitgelei, oorlaai met silwer en goud. Niemand in die stamme het gestrompel nie. Egipte was bly toe hulle getrek het, want hulle was almal baie bang vir hulle. Die HERE het as bedekking ’n wolk oor hulle uitgesprei, en vuur om die nag te verlig. Hulle het kos gevra, en Hy het kwartels gestuur; met brood uit die hemel het Hy hulle versadig. Hy het ’n rots gekloof, en water het uitgestroom, ’n rivier het in dorre plekke gevloei. Hy het inderdaad sy heilige belofte aan Abraham sy dienaar onthou. Hy het sy volk met vreugde gelei, sy uitverkorenes uitgelei met gejuig. Die lande van nasies het Hy aan hulle gegee, en wat ander geplant het, het hulle geoes sodat hulle sy gebooie sou onderhou en sy voorskrifte sou gehoorsaam. Prys die HERE!
Lees PSALMS 105
Luister na PSALMS 105
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: PSALMS 105:37-45
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's