Die wysheid kom eerste. Sorg dat jy wysheid bekom, gee alles wat jy het, om insig te kry! Slaan dit hoog aan, dan sal dit aan jou aansien gee. Dit sal jou 'n man van betekenis maak as jy dit vasgryp. Dit sal jou lewe versier, dit sal vir jou 'n sierlike kroon wees.” Luister, my seun, en aanvaar wat ek jou sê; dit sal jou lewensjare baie maak. Ek sal jou leer wat die pad van die wysheid is en jou die regte koers laat loop. As jy loop, sal daar niks in jou pad wees nie, en as jy hardloop, sal jy nie struikel nie. Hou vas aan wat ek jou leer, moet dit nie laat los nie; bly daarby, want dit is jou lewe. Moenie agter die goddeloses aanloop nie, vermy die pad van slegte mense. Los dit, moenie daarop loop nie, draai weg, vermy die slegte mense; hulle kan nie slaap as hulle nie kwaad gedoen het nie; hulle lê wakker as hulle nie iemand se ondergang bewerk het nie. Misdaad is hulle kos, geweld hulle drank. Die pad van die regverdiges is soos helder oggendlig wat groei en sterker word tot dit heeltemal dag is
Lees SPREUKE 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: SPREUKE 4:7-18
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's