Die begin van wysheid is: Verwerf wysheid, verwerf insig met alles wat jy besit! Stel haar hoog op prys, dan sal sy jou verhoog; sy sal aan jou eer gee as jy haar omarm. Sy sal op jou kop 'n swierige krans sit, 'n sierlike kroon aan jou skenk. “ Luister, my seun, en aanvaar my woorde sodat jou lewensjare baie kan wees. Op die pad van wysheid sal ek jou begelei, ek sal jou laat loop op reguit paaie. Wanneer jy loop, sal jou voetstappe nie belemmer word nie; en as jy hardloop, sal jy nie struikel nie. Hou vas aan vermaning, moet dit nie laat vaar nie; hou daarby, want dit is jou lewe. Op die pad van goddeloses moet jy nie kom nie; en moenie die weg van slegte mense betree nie. Vermy dit, moet dit nie eers oorsteek nie, draai weg daarvan en gaan verby. Want hulle kan nie slaap nie, behalwe as hulle kwaad doen; hulle slaap bly weg, tensy hulle iemand tot 'n val bring. Ja, hulle eet brood van goddeloosheid, en wyn van geweld drink hulle. Die pad van regverdiges is soos die helder oggendlig – dit verhelder geleidelik tot die volle dag.
Lees Spreuke 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: Spreuke 4:7-18
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's