Met geduld kan iemand in 'n magsposisie tot ander insigte gebring word; met 'n versigtige benadering word weerstand afgebreek. As jy op heuning afkom, eet net tot jy genoeg het; as jy te veel eet, word jy naar. Wees spaarsaam met jou kuiers by jou buurman; as hy jou te veel sien, hou hy naderhand nie meer van jou nie. 'n Knopkierie, 'n swaard, 'n skerp pyl, so is 'n man wat vals teen sy naaste getuig. 'n Seer tand, 'n voet wat meegee, so is dit om in gevaar staat te maak op 'n onbetroubare mens. Iemand wat jou klere van jou afvat op 'n koue dag, of asyn op bytsoda, so is iemand wat vir jou liedjies sing as jy treurig voel. As iemand wat jou haat, honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink. Die Here sal jou daarvoor vergoed, en jy sal jou vyand vuurrooi van skaamte laat word. Die noordewind bring reën, en agteraf-praat maak mense kwaad. Liewer bo-op 'n dak woon as saam met 'n twisgierige vrou onder een dak. Koue water vir 'n moeë mens se dors, so is 'n goeie berig uit 'n ver land. 'n Fontein, 'n put waarvan die water vuil en stink geword het, so is 'n regverdige wat hom tot 'n val laat bring deur 'n goddelose. Om te veel heuning te eet, is nie goed nie, ook nie om eer te bly soek nie. 'n Stad sonder 'n muur om hom te beskerm, so weerloos is 'n mens as hy nie selfbeheersing het nie.
Lees SPREUKE 25
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: SPREUKE 25:15-28
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's