SPREUKE 22:17-29

SPREUKE 22:17-29 AFR83

Luister goed, luister wat die wyse mense sê; probeer verstaan wat ek jou wil leer uit wat ek weet, want dit is lekker as jy dit ingeneem het en enige tyd kan weergee. Ek onderrig juis vir jóú vandag sodat jy op die Here kan vertrou. Ek skryf vir jou belangrike voorskrifte neer om jou leiding te gee en die nodige kennis, sodat jy die waarheid sal herken, die woorde waarop jy kan vertrou, en 'n betroubare verslag kan gee as iemand jou stuur. Moenie 'n arm mens te kort doen omdat hy arm is nie; moenie die hulpelose vertrap in die regspraak nie. Die Here sal hulle saak behartig en dié wat vir hulle beroof, van die lewe beroof. Moenie maats maak met 'n opvlieënde mens nie, moenie saamgaan met een wat kort van draad is nie: dalk leer jy sy maniere aan en beland jy in lewensgevaar. Moenie een van dié wees wat borg staan nie, moenie instaan vir ander se skulde nie: waarom moet hulle selfs jou bed onder jou uit vat as jy nie kan betaal nie? Moenie grense verlê wat lankal daar is nie, wat jou voorouers al vasgestel het nie. Jy sien self: iemand wat vaardig is in sy werk, kom in die diens van konings, nie in die diens van mense sonder aansien nie.

Gratis leesplanne en oordenkings oor SPREUKE 22:17-29

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid