SPREUKE 20:22-23

SPREUKE 20:22-23 AFR83

Moenie sê: “Ek wil my wreek oor die kwaad wat my aangedoen is” nie; vertrou op die Here, en Hy sal jou help. Die Here het 'n afsku van gewigte wat nou sus en dan so is; 'n skaal wat nie reg weeg nie, is vir Hom nie goed nie.